• Bizskoops (Afrikaanse Weergawe)

  • De: Newskoop
  • Podcast

Bizskoops (Afrikaanse Weergawe)

De: Newskoop
  • Resumen

  • Bizskoops, aangebied deur Barry Mare, bied 'n blik op plaaslike en globale sake-ontwikkelings. Ons bring vir jou in-diepte onderhoude met bedryfsleiers en entrepreneurs, deel hul strategieë en stories vir sukses. Die voormalige President van die Ekonomiese Vereniging van Suid-Afrika en dosent verbonde aan die Noordwes-Universiteit se sakeskool, prof. Waldo Krugell, gee weekliks ʼn oorsig oor stand van die ekonomie. Bly op hoogte met Bizskoops – vir 'n omvattende besigheidsperspektief.
    Newskoop
    Más Menos
activate_Holiday_promo_in_buybox_DT_T2
Episodios
  • Bizskoops - 2 Oktober 2024
    Oct 3 2024
    Op die program vandag,
    # ’n Groep sakeleiers het hulle daartoe verbind om president Cyril Ramaphosa se ekonomiese hervormings te ondersteun, en
    # Die regering beplan om in te gryp om kragpryse laer te hou
    # Die ekonoom Waldo Krugell gaan ons meer vertel oor die tweede kwartaal se indiensname statistieke wat verlede week bekend gemaak is.
    # In internasionale sake-nuus... Tienduisende hawewerkers het vir 'n onbepaalde tyd begin staak by hawens in die VSA
    # In beleggingsnuus... Capitec maak sy halfjaarverdienste bekend
    En, ons gesels ook met Chris Hattingh van die Sentrum vir Risiko-ontleding oor onder andere die onlangse gebeure in die Stad Tshwane met die mosie van wantroue teen die DA se Cilliers Brink
    Más Menos
    12 m
  • Bizskoops - 26 September 2024
    Sep 26 2024
    Op die program vandag,
    # Nersa het datums vir openbare konsultasie oor Eskom se versoek om elektrisiteitstariefverhogings vasgestel
    # Suid-Afrikaanse vervaardigers spreek kommer uit oor die land se verhouding met China
    # Die ekonoom Waldo Krugell gaan gesels oor verlede week se besluit om die rentekoers effens te verlaag.
    # In internasionale sake-nuus... Lande in Europa kan finansiële druk in die gesig staar na die dodelike vloede wat onlangs deur Sentraal-Europa gespoel het.
    # In beleggingsnuus... Die JSE gaan ‘n oplossing aanlyn laat bou waar beleggers en onopgeeiste dividende bymekaar uitgebring word
    En, ons gesels ook met Chris Hattingh van die Sentrum vir Risiko-ontleding oor die Suid-Afrikaanse Reserwebank se besluit om die rentekoers met 25 basispunte te verlaag.
    Más Menos
    10 m
  • Bizskoops - 19 September 2024
    Sep 20 2024
    Op die program vandag,
    # Verbruikersinflasie daal tot onder die Suid-Afrikaans Reserwebank se sleuteldoelwit van vier-komma-vyf persent, en
    # Sanlam verwag dat die Suid-Afrikaanse Reserwebank die rentekoers gaan verlaag
    # Die ekonoom Waldo Krugell gaan ons ook meer vertel oor rentekoerse in die lig van hierdie week se vergadering van die Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee.
    # In internasionale sake-nuus... Brexit rompslomp het ʼn invloed op goederehandel tussen die Verenigde Koninkryk en die Europese Unie.
    # In beleggingsnuus... Outsurance Group het ʼn sterk vertoning tot die einde van Junie gelewer
    En, ons gesels ook met Chris Hattingh van die Sentrum vir Risiko-ontleding oor die graderingsagentskap wat Suid-Afrika se kredietgradering onveranderd gehou het.
    Más Menos
    10 m

Lo que los oyentes dicen sobre Bizskoops (Afrikaanse Weergawe)

Calificaciones medias de los clientes

Reseñas - Selecciona las pestañas a continuación para cambiar el origen de las reseñas.