• Dag 24 van Meditasie-reeks #Herbesoek

  • Jan 23 2023
  • Duración: 4 m
  • Podcast

Dag 24 van Meditasie-reeks #Herbesoek  Por  arte de portada

Dag 24 van Meditasie-reeks #Herbesoek

  • Resumen

  • Onlangs skryf iemand vir my (n.a.v. Psalm 23): “’n Pessimis is iemand wat glo die beker is halfpad leeg; ’n optimis glo weer die beker is halfpad vol; ’n wyse mens weet sy beker loop altyd oor”.  
    Optimiste is mense wat op die positiewe moontlikhede van ’n situasie fokus (m.a.w., daar is altyd 'n silwer randjie, ongeag hoe donker die wolk is). Pessimiste sien hoe donkerder die wolk nog kan raak.  Beide optimis en pessimis hou die situasie fyn dop; maar nie een gaan moue oprol om dinge te verander nie.  Hoopvolle mense leef nie met die verwagting dat dinge – eendag – dalk beter (of slegter) sal gaan nie.  Hoopvolle mense leef met die wete dat híérdie oomblik aan God behoort, ook dat ons medewerkers van God wat nóú verandering wil bring, nie eers eendag nie.    
    Optimisme is goed.  Hoop is beter!  Optimisme kan verdwyn as dinge nie verbeter nie.  Hoopvolle mense fokus nie op die omstandighede nie.  Wanneer Moses met Josua en die volk praat, vertel hy vir hulle dat daar moeilike tye voorlê.  Die Beloofde Land wag om ingeneem te word. Oor-en-oor sê Moses, “Moenie bang wees nie!” (So, asof hy eintlik wil sê julle het alle rede om bang te wees).  “Hou moed en wees dapper! Moenie bang wees nie, moenie vir die Amoriete skrik nie, want die Here julle God gaan saam met julle. Hy sal julle nie in die steek laat nie, julle nie alleen laat nie”. Dan weer, “Wees sterk, wees dapper!” En weer, “Moenie bang wees nie, moenie skrik nie” (Deut 31:6-8).
     
    Soms wil ons hê dat die legkaart se stukke net “sommer-so” perfek moet inpas, anders verloor ons belangstelling.  Maar as jy iets wil verloor, verloor eerder jou optimisme as jou hoop!  Want, met optimisme vertrou jy op omstandighede wat moet verbeter. Hoop is wat jy nodig het om op God te vertrou! 

    GEBED:  Dankie dat ek aan hoop kan vashou, my Here!


    KUNS:  Moses en die brandende bos, 6de eeuse mosaïek, Basiliek van San Vitale, Ravenna, Italië 
    POTGOOIE:  Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/


    #Herbesoek #LeefHoop #ElkeDag


    MUSIEK:  Op die Dag 24 van ons reeks #Herbesoek kyk ons na die video-opname van “You've Already Won” deur Shane & Shane." 

    Uit die liriek:

    There’s peace that outlasts darkness
    Hope thats in the blood
    There’s future grace thats mine today
    That Jesus Christ has won
    So I can face tomorrow
    For tomorrow’s in Your hands
    All I need you will provide
    Just like you always have


    https://youtu.be/sM0ovt_nbd4

    Más Menos
activate_primeday_promo_in_buybox_DT

Lo que los oyentes dicen sobre Dag 24 van Meditasie-reeks #Herbesoek

Calificaciones medias de los clientes

Reseñas - Selecciona las pestañas a continuación para cambiar el origen de las reseñas.