• Dag 25 van Meditasie-reeks #Herbesoek

  • Jan 24 2023
  • Duración: 3 m
  • Podcast

Dag 25 van Meditasie-reeks #Herbesoek  Por  arte de portada

Dag 25 van Meditasie-reeks #Herbesoek

  • Resumen


  • Francis de Sales was 'n Biskop van Geneve uit die 16de eeu.  In 'n tyd waar daar sterk en rigiede reëls en regulasies vir die samelewing was, was hierdie Biskop bekend daarvoor dat hy die kerkleiers aangemoedig het om met 'n sagmoediger hart met mense te werk.  Dit is hy wat die sinnetjie - “Blom waar jy geplant is” – gevestig het.  “Wees die beste self wat jy kan wees; én wees dit op jou beste,” het hy mense aangemoedig.

    Dit klink amper soos ’n meme wat jy op ’n koffiebeker kan vasplak.  ’n Goedvoel-sinnetjie.  Die probleem met hierdie tipe wyshede is dat dit mooi klink, maar dat jy dit net so vinnig weer vergeet. Dit was nie hoe Francis de Sales dit bedoel het nie.  Volgens hom kan net mense wat “hulle sondige natuur met al sy hartstogte en begeertes gekruisig” het (aldus Gal 5:24) werklik hul beste self wees. Wat Paulus die gemeente van Galasië geleer het, is dat jy nie jou “beste self” sal kan wees as jy nie aan Christus Jesus behoort nie.  Alles wat jou daarvan weerhou om “soos Christus Jesus” te leef, was jou nie waardig nie!  Hoor hoe stel Paulus dit: “Laat julle lewe steeds deur die Gees van God beheers word, dan sal julle nooit swig voor begeertes van julle sondige natuur nie” (Gal 5:16).  

    Self kan jy nie jou eie lewe laat blom nie.  Net die Heilige Gees maak van jou lewe 'n blomtuin.  Waar die vrug van die Heilige Gees die blomme laat blom met soeter reuke as enige roos of lelie of jasmyn.   Geen aroma kan die aroma ewenaar van “liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing” (Gal 5:22) nie.   

    “Wees die beste self wat jy kan wees!” Leef soos jou Jesus Christus!

    GEBED:  Here, mag ek vandag my beste self vir U wees. Al meer, en al meer.  Dankie dat U Gees dit vir my moontlik wil maak.

    KUNS: Paulus, Rembrandt (1633)

    POTGOOIE:  Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/


    #Herbesoek #LeefHoop #ElkeDag


    MUSIEK:  Op die Dag 25 van ons reeks #Herbesoek kyk ons na Maren Morris se lied “Humble Quest”.

    Uit die liriek:

    I’m on a humble quest 
    And damn I do my best 
    Not gonna hold my breath 
    ‘Cause I still haven’t found it yet 
    No I still haven’t found it yet 


    https://youtu.be/ZRM4oq0auaU

    Más Menos
activate_primeday_promo_in_buybox_DT

Lo que los oyentes dicen sobre Dag 25 van Meditasie-reeks #Herbesoek

Calificaciones medias de los clientes

Reseñas - Selecciona las pestañas a continuación para cambiar el origen de las reseñas.