• Dag 26 van Meditasie-reeks #Herbesoek

  • Jan 25 2023
  • Duración: 3 m
  • Podcast

Dag 26 van Meditasie-reeks #Herbesoek  Por  arte de portada

Dag 26 van Meditasie-reeks #Herbesoek

  • Resumen


  • “God wil my nie spoggerig hê nie – God wil my nuut hê”,  só skryf Nadia Bolz-Weber, 'n Lutheraanse predikant in die VSA. Ons hou van spoggerig:  dit lyk soos paleise en *****hotelle – nie soos kripgeboortes nie.  Soos suksesvolle televisiepredikers - nie soos angsbevange dissipels wat hulle Rabbi verraai nie.  
    Maar, wanneer God nuut maak, dan vryf God nie blink nie.  God verander! Soos Bolz-Weber skryf, “Nuut-maak is morsig: dit lyk soos alkoholiste wat herstel” (en sal sy nie weet nie; immers is sy self ’n gereabiliteerde alkoholis wat ’n pastor geword het). “Nuut is die ding wat ons nooit sien kom het nie - nooit eers voor gehoop het nie - maar uiteindelik is dit alles wat ons nodig gehad het," verduidelik sy.
    Nuut lyk soos ’n land wat bloedneus-geslaan word deur politici, maar waar die mense “op straat” met liefde na mekaar kyk.  Dit lyk soos gewone mense wat slaggate reg maak – al hoef hulle nie; selfs in woonbuurtes waar hulle self nie eers bly nie.  Nuut lyk soos vyande wat mekaar leer ken en vrede met mekaar maak.  
    Jesaja het reeds eeue gelede daaroor geprofeteer: “Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom…” (Jes 43:18-19).  
    Dit vra geloof om nuutheid te visualiseer. Veral waar dinge nou nog vir jou donker lyk en jy net aan God se belofte kan vashou.   
    God is in die “Besigheid van Nuwe Dinge Doen.” Ons is God se advertensieborde, want, soos ons ou mens saam met Jesus begrawe is; is ons nuwe mens saam met Hom uit die dood opgewek (aldus Rom 6:4).  
    Ons sien maklik die verkeerde dinge om ons raak. Mag ons oë oopgaan ook te sien dat God reeds besig is met vernuwing!
    GEBED:  Heilige Gees, maak van my 'n lewende advertensiebord vir die God van Nuutheid.
    .

    POTGOOIE:  Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/


    #Herbesoek #LeefHoop #ElkeDag


    MUSIEK:  Op die Dag 26 van ons reeks #Herbesoek kyk ons na die video-opname van “Go The Distance” deur die One Voice Children's Choir.

    Uit die liriek:

    I have often dreamed of a far off place
    Where a heroes welcome would be waiting for me
    Where the crowds will cheer when they see my face
    and a voice keeps saying this is where I'm meant to be
    I'll be there someday I can go the distance
    I will find my way if I can be strong
    I know every mile would be worth my while
    When I go the distance I'll be right where I belong


    https://youtu.be/5xhDdTiHKoE

    Más Menos
activate_primeday_promo_in_buybox_DT

Lo que los oyentes dicen sobre Dag 26 van Meditasie-reeks #Herbesoek

Calificaciones medias de los clientes

Reseñas - Selecciona las pestañas a continuación para cambiar el origen de las reseñas.