• Dag 27 van Meditasie-reeks #Herbesoek

  • Jan 26 2023
  • Duración: 3 m
  • Podcast

Dag 27 van Meditasie-reeks #Herbesoek  Por  arte de portada

Dag 27 van Meditasie-reeks #Herbesoek

  • Resumen

  • ‘n Lewe bruisend van geloof.  Of, stel dit anders: 'n geloof bruisend van lewe.  Daarvoor is ons bedoel.  Nie om die wêreld met ons geloof te “bepreek” nie, maar om die wêreld vanuit ons geloof te “bedien.” 

    Godsdiens het vir baie mense te make met “reg” doen, of “reg” lewe.  Maar, jy kan reg lewe (m.a.w. niemand skade aandoen nie), en steeds impliseer dit nog nie dat jy hulle lief het nie (aldus 1 Joh 3:18-19). Wanneer “reg” en “verkeerd” jou fokus is en nie liefde nie, raak godsdiens maklike ‘n ideologie.  Dit verdeel die wêreld in “ons” en “hulle.” Dit is hoe dit gebeur dat iemand soos 'n Gandhi kon sê, “Ek hou van julle Christus; maar ek hou nie van julle – die christene – nie.  Was julle maar soos die Christus wat julle verkondig…” 
     

    Só beskryf Paulus die lewe van 'n Christen:  “in Christus Jesus (is) ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het” (Ef 2:10).  Wat ons glo en hoe ons leef kan mekaar nie weerspreek nie!  Die twee is interafhanklik van mekaar.  Ek is 'n christen, daarom wy ek my aan goeie werke.  Nie omdat ons dink God ons dan liewer sal hê nie; maar juis ómdat God ons liefhet. Omdat God barmhartig is, is ons ook die versorgers van hulle wat barmhartigheid nodig het. Omdat God onreg nie verdra nie; staan ons ook op daar waar onreg in die samelewing gepleeg word. Soos Jesus, is ons liefde ook nie net woorde en lippetaal nie, maar word dit met die daad bewys, dan in opregtheid. Dit is die bewys dat ons “aan die ware God behoort” (1 Joh 3:18-19).


    Godsdienstige mense, daarvan het die wêreld báíe.  Maar nooit genoeg van mense wat hul lewe wy aan die goeie dade waarvoor hulle bestem is nie.
        
    GEBED:  Here, mag ek vandag my beste self vir U wees. Al meer, en al meer deur U Gees. 

    KUNS : Andrea Büttner,  “Dancing Nuns”, 2007

    POTGOOIE:  Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/


    #Herbesoek #LeefHoop #ElkeDag


    MUSIEK:  Op Dag 27 van ons reeks #Herbesoek luister ons na “Offer” deur Deon Meiring.

    Uit die liriek:

    As jy my siel uit trek
    En sien hoe splinter ek
    Kyk hoe is my swak plekke gevlek
    Daar's plek heers wat my breekbaarheid bedek
    Maar ook verkondig
    Versigtig waar jy raak ek val dalk uit mekaar
    So is ons almal maar of so hoor ek
    Sal ek my oë oop maak die balk weer kleiner saag
    En brandhout daarvan maak om my blinde kol te offer

    https://youtu.be/VZtDqf7LI3A

    Más Menos
activate_primeday_promo_in_buybox_DT

Lo que los oyentes dicen sobre Dag 27 van Meditasie-reeks #Herbesoek

Calificaciones medias de los clientes

Reseñas - Selecciona las pestañas a continuación para cambiar el origen de las reseñas.