Episodios

  • Vrou, Ma, Reeksmoordenaar – Daisy de Melker
    Aug 13 2024
    Daisy de Melker was Suid-Afrika se eerste ooit vroue reeks moordenaar. Sy het in die 1920s opspraak gemaak as die vrou wat twee van haar mans en haar eie seun vergiftig het in ‘n tyd toe niemand durf dink het dat ‘n vrou sulke moorde sou kon pleeg nie. Dié episode vertel Daisy se lewens verhaal, hoe dit gekom het dat sy soveel van gif geweet het en wat sy met dié kennis sou doen …… Webpage · Find more from JacPod
    Más Menos
    25 m
  • Die dwelm duiwel op die skip se dek
    Aug 6 2024
    In Maart 2021, is een van die grootste dwelm slagte in die land geslaan tydens ‘n klopjag op ‘n skip in Saldanhabaai hawe. Aanboord die Windward, het die polisie nie net afgekom op meer as R500 miljoen se pure kokaïene nie, maar het ook ‘n internasionale misdaad groep se dwelm roete oopgekrap. Dié episode vertel oor die saak wat ontvou het van mense handel, dwelm handel en die luukse lewens van ‘n groep buitelanders. Webpage · Find more from JacPod
    Más Menos
    35 m
  • Die Wemmer Pan reeks moordenaar
    Jul 30 2024
    Cedric Maake het op sy eie vir ‘n jaar lank ‘n terreur van verskrikking regoor verskeie buurte van Johannesburg gesaai. Hy het sy slagoffers in 1997 met ‘n hamer toe getakel, geskiet, verkrag en beroof, maar dit was sy reeks moorde by Wemmer Pan wat tot sy uiteindelike inhegtenis neming gelei het. Episode 6 vertel die storie oor een van die mees berugte reeks moordenaars in die land se geskiedenis. Webpage · Find more from JacPod
    Más Menos
    43 m
  • Die Suid-Afrikaanse dokter wat die perfekte moord in Nieu-Seeland wou gaan pleeg
    Jul 23 2024
    Toe Colin Bouwer sy vrou en twee kinders in 1997 oppak en Nieu-Seeland toe trek, het niemand daaroor gewonder nie. Colin was ‘n uiters bekwame psigiater wat ‘n invloedryke pos aangebied is en saam met sy gesin op die heuwels bo ‘n skilderagtige strand gebly het. Maar wat niemand kon sien kom nie, was Colin se plan om sy vrou stelselmatige te vergiftig. Episode 5 vertel die storie oor die hoogste verraad, toe Annette Bouwer deur haar man vermoor is … Webpage · Find more from JacPod
    Más Menos
    41 m
  • Die preker wat moord as kollekte geëis het
    Jul 16 2024
    Die skilderagtige Suid-Kaapse Tuinroete is in 2021 geskok gelaat toe ‘n gewilde preker tronk toe gestuur is vir die moord op een van sy gemeentelede. Wat in die hof aan die lig gekom het, was nie net hoe Hlompho Koloi vermoor is nie, maar die lewens polisse wat die man bekend as Pastoor Mongo - ook in die naam van ander gemeente lede uitgeneem het. Episode vier van dié reeks vertel van die hartseer wat die preker en sy vrou onder ‘n hele kerk gemeenskap gesaai het … Webpage · Find more from JacPod
    Más Menos
    42 m
  • Die Springs Huis van Gruwels
    Jul 9 2024
    Op ‘n kouerige aand in Mei 2014, klim ‘n tingerige seun met net ‘n kortbroek aan oor die muur om hulp te soek by die bure. Sy hulpkreet het daartoe gelei dat die owerhede die deure oop kon gooi van ‘n huis waar gruwel dade in Springs ontbloot is. Die derde episode van dié reeks vertel die storie oor een van die mees skokkende gevalle van kinder mishandeling om ooit in Suid-Afrika oopgevlek te word.

    Hierdie episode oor die ware misdaad verhaal van die Springs Huis van Gruwels kom met ‘n addisionele waarskuwing vir luisteraars wat sensitief is vir inhoud oor kinder mishandeling, seksuele mishandeling en kinder verwaarlosing. Webpage · Find more from JacPod
    Más Menos
    50 m
  • Die moord wat Pofadder soos ‘n slang kom pik het
    Jul 2 2024
    Inwoners van die klein Noord-Kaapse dorpie van Pofadder is in 2020 tot stilstand geskok toe een van hulle spog seuns vermoor is. Asof die ontdekking van Leon Brits se liggaam in sy swembad nie erg genoeg was nie, het die onthulling van die meesterbrein agter die moord, die gemeenskap in ongeloof gelaat. Webpage · Find more from JacPod
    Más Menos
    51 m
  • Die terreur tog en Houdini verhaal van Ananias Mathe
    Jun 25 2024
    Seisoen 2 skop af met die storie van ‘n man wat Suid-Afrikaners wou laat glo dat petroleum jellie hom sou help om uit een van die mees beveiligde tronke in die land te ontsnap. Ananias Mathe was regoor die land berug vir sy kul-jou-hier-kul-jou-daar verhaal. Maar syne was meer van ‘n veldtog van terreurl as ‘n onskuldige tower kunsie – en sy dramatiese ontsnapping bly steeds ‘n misdaad raaisel.

    ___________________________________________________________________________________________
    'True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe' is gebasseer op die 'True Crime South Africa' podgooi reeks deur Nicole Engelbrecht. Webpage · Find more from JacPod
    Más Menos
    36 m