• Dag 29 van Meditasie-reeks #Herbesoek

  • Jan 28 2023
  • Length: 3 mins
  • Podcast

Dag 29 van Meditasie-reeks #Herbesoek  By  cover art

Dag 29 van Meditasie-reeks #Herbesoek

  • Summary

  • Thomas van Aquinas (13de eeu) was ‘n wyse man. (Immers het hy gesê, die beste raad vir jou hartseer is ‘n glas wyn, ‘n lekker warm bad, en ‘n goeie nagrus.) Hy het ook gesê dat God se bedoeling met mense was - en steeds is - om “die goeie in dinge te bewaar.”  (Of, soos Paulus lank voor hom reeds geweet: “Beproef alle dinge; behou die goeie. Onthou julle van elke vorm van kwaad” - 1 Tess 5:21). 

    Alles wat van God kom; daarvan is ons die oppassers. (Dit leer ons uit die skeppingsverhaal: “bewoon en bewerk” beteken nie vernietigende heersers nie, wel versorgers namens God). Dit is ‘n ongelooflike gedagte: álles wat in jou gedagtes geskep word; en wat deur jou hande en woorde vorm aanneem, moet só gedoen word dat die volgende geslagte ook sal kan ontdek dat God die Goeie God is.  

    Met reg is (die meeste) mense in ons land geskok oor al die korrupsie! (Aquinas het gesê, “mense wat níé kwaad word oor onreg nie, pleeg self onreg.”) Dalk moet ons met dieselfde skok en afkeer nadink oor die “korrupsie van ons denke”? Of die “korrupsie van ons selfsug”!  Mag ons tevrede wees met ‘n lewenstyl van “maar okay’erig?” Of is dit werklik my passie om álles wat ek doen as “die beste” (vir God) te doen. Omdat God vir my “die beste” gee om in te woon en te werk. 

    Toe Petrus met Kornelius praat het hy gesê dat Jesus rondgegaan het en oral “goeie werke” gedoen het. Dieselfde Heilige Gees wat die krag vir Jesus se goeie werke was (Hand 10:38), het die vrug van goedheid (Gal 5:22) in ons nagelaat. 

    Vind vandag jou inspirasie oral waar jy goedheid van mense beleef. Daar ontdek jy afsplitsings van Die Goeie God. 

    GEBED:  Goeie God wat oral om my sigbaar is – maak my U afsplitsing sodat ander U in my kan ontdek.   

    POTGOOIE:  Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/


    #Herbesoek #LeefHoop #ElkeDag


    MUSIEK:  Op Dag 29 van ons reeks #Herbesoek luister ons na “I'll walk with God” gesing deur Marvin Kernelle met Erik Dippenaar as orrelis by die St. Andrew's Presbyterian Church, Somersetweg, Kaapstad.

    Uit die liriek:

    I'll walk with god
    From this day on
    His helping hand I'll lean upon
    This is my prayer my humble plea
    May the lord be ever with me

    https://youtu.be/axKEmfwLD2A

    Show more Show less
activate_primeday_promo_in_buybox_DT

What listeners say about Dag 29 van Meditasie-reeks #Herbesoek

Average customer ratings

Reviews - Please select the tabs below to change the source of reviews.