• Ep. 24 - Herverdelende populisme óf versterking van eiendomsregte? Lesse uit die Suide

  • Oct 11 2021
  • Length: 10 mins
  • Podcast

Ep. 24 - Herverdelende populisme óf versterking van eiendomsregte? Lesse uit die Suide  By  cover art

Ep. 24 - Herverdelende populisme óf versterking van eiendomsregte? Lesse uit die Suide

  • Summary

  • Die beleid van onteiening sonder vergoeding, wat in 2018 aan die Suid-Afrikaanse parlement voorgelê is, het ’n vurige nasionale beleidsdebat ontketen wat in 2021 steeds in die middel van die nasie se politieke diskoers staan. In Suid-Afrika, en die Westerse wêreld in die algemeen, word die liberale demokratiese paradigma toenemend bevraagteken. Baie van hierdie uitdagings spruit uit ’n nuwe golf populisme, van sowel links as regs, wat momentum kry in die Weste en die globale Suide. Daarom het ek my meesterstesis geskryf oor die kwessie van herverdelende populisme, ’n vorm van linkse populisme, asook privaat eiendomsregte. In hierdie stuk bied ek ’n bondige oorsig van my bevindings. My tesis gaan oor die volgende vraag: Is herverdelende populisme ’n volhoubare langtermynroete na ekonomiese groei, die vermindering van armoede en ongelykheid, en demokratiese konsolidasie, of bied die beskerming en toepassing van eiendomsregte ’n beter alternatief om hierdie doelwitte te bereik? Om ’n antwoord te kry, het ek vier gevallestudies vergelyk: Venezuela en Zimbabwe, as voorbeelde van herverdelende populistiese regimes waar eiendomsregte wesenlik verminder is; en Uruguay en Botswana, as voorbeelde waar eiendomsregte beskerm en toegepas is.
    Show more Show less
activate_primeday_promo_in_buybox_DT

What listeners say about Ep. 24 - Herverdelende populisme óf versterking van eiendomsregte? Lesse uit die Suide

Average customer ratings

Reviews - Please select the tabs below to change the source of reviews.