• Hier Is Ek Weer

  • Feb 14 2022
  • Length: 24 mins
  • Podcast

  • Summary

  • Welkom by Hier Is Ek Weer!

    Hoe werk dit dat as die klok Oktober slaan, almal soos een man begin funksies, troues, partytjies, braais, kuiers, ingrypings, vakansies en feeste reël?

    In hierdie kort incheck vra Wian en Leon plegtig omverskoning vir die laaste paar maande se radiostilte, maar stel ook gerus dat die Stoep uiteindelik weer lewe gekry het. Daar was beplan en verander, ge-backpaddle en ge-borsslag, wawiele en bollemakiesies gemaak. Als wyl daar 'n bestendige stroom van rooiwyn en bier deur loadshedding ons rustig gehou het.

    Deel van hierdie inloer is ook om een MOERSE dankie te sê aan elkeen wat sonder om twee keer te dink steeds op 'n daaglikse basis die Stoep ondersteun. So dankie aan jou wat luister in Johannesburg, Pretoria, Kaapstad, Frankfurt, Durban, Kempton Park, Victoria, Midrand, Londen, Centurion, Boksburg, Krugersdorp, Rustenburg, Fayetteville, Port Elizabeth, Benoni, Los Angeles, Ramona, Knysna, Wellington, Bath, Milnerton, Windhoek, Potchefstroom, Brits, Secunda, Germiston, Wellington (in die Kaap), Poole, Wishaw, Atlanta, Christchurch, Heidelberg, Vancouver, San Marcos, Nelspruit, Houston, Shanghai, Polokwane, Oudtshoorn, Cricklewood, Sandton, Copenhagen, Oos-Londen, Worcester, Trichardt, Stellenbosch, Gaborone, Canonsburg, Klerksdorp, Vryburg, Chicago, Silver Spring, Auckland, Louis Trichardt, Hamilton, Tzaneen, Québec, Kraaifontein, Roodepoort, Tembisa, Grahamstown, Stilbaai, Olten, Sasolburg, Selaya, Melbourne, Brisbane en Roanoke.

    Dankie dankie dankie. Ons sien jou raak. Dis wonderlik om te weet soveel mense reg oor die wêreld Stoepsit elke keer saam met ons. Dankie vir die musiek en mooi woorde. Dankie dat elkeen 'n hartsmens en 'n langtafelmens geword het, waar ook al jou Stoep is.

    Geniet 2022, maats. Dit gaan mooi wees. Maar vir nou...

    Trek 'n stoel nader, en Welkom Op Ons Stoep.

    Tema Musiek: Infraction - Holiday

    Die ongelooflike Stoepsit kuns word gemaak deur Ineffable Digital Designs.

    Show more Show less
activate_primeday_promo_in_buybox_DT

What listeners say about Hier Is Ek Weer

Average customer ratings

Reviews - Please select the tabs below to change the source of reviews.