• Mevrou Mevrou

  • By: JacPod
  • Podcast

Mevrou Mevrou

By: JacPod
  • Summary

  • Dis hier waar jy hoor waaroor ‘n Mevrou se lewe nou eintlik gaan – ‘n dosis hardop lag, lang trane huil, vra vir genade, pleit vir geduld. Elke dag se dinge op ‘n skinkbord en nee, nie met tee nie. Hierdie Mevrouens doen nie tee en toebroodjies nie. Maar dan is Gerda de Sousa en Dianne Broodryk nou ook nie alledaags nie. Hulle is maal twee. Hulle is Mevrou Mevrou! Hierdie seisoen word aan jou gebring deur die Arrie Nel Apteekgroep.
    JacPod
    Show more Show less
Episodes
  • Mevrou brul oor die brille en die pille
    Sep 24 2024
    Dit was nog nooit ’n probleem vir die Mevrouens om ou(er)d te word nie, dis mos maar deel van die lewe. Nou sing Gerda de Sousa en Dianne Broodryk ’n ander deuntjie, sedert die proses van vitamines en die daaglikse aanvullings hulle lewe begin oorheers het. Om nie eers van die skielik verswakkende oë te praat nie. In dié episode betreur die Mevrouens die stand van brille en pille. Podcast page on Jacaranda FM's website
    Show more Show less
    20 mins
  • Mevrou se nuwe seisoen
    Sep 17 2024
    Die Mevrouens het ontwaak na hulle winterslaap en uit kom die selfone om die kuiers in die kalender in te skryf. Daar’s baie om op te vang – die een se tande is nie meer agter tralies nie en die ander een dink sy het die raaisel oor haar geheimsinnige allergiese reaksie sommer self opgelos.

    Dis die begin van nuwe seisoene en Gerda de Sousa en Dianne Broodryk klets te lekker … totdat een oor haar woorde struikel.

    * Hierdie seisoen word aan jou gebring deur die Arrie Nel Apteekgroep. Podcast page on Jacaranda FM's website
    Show more Show less
    19 mins
  • Mevrou maak haar stem dik
    May 27 2024
    Dis verkiesingstyd en die Mevrouens is skoon uit hulle kassies – of eerder stembussies. Dis 30 demokratiese jare later, maar hulle onthou daai 94-verkiesing asof dit gister was. Nie net kon die Mevrouens vir die eerste keer ook stem nie … Gerda de Sousa en Dianne Broodryk het hulle joernalistieke tande gesny tydens Suid-Afrika se eerste demokratiese verkiesing. Die grootste storie in die land se moderne geskiedenis – en die Mevrouens was daar om dit te skryf! Podcast page on Jacaranda FM's website
    Show more Show less
    42 mins

What listeners say about Mevrou Mevrou

Average customer ratings

Reviews - Please select the tabs below to change the source of reviews.