God se Woord VARS vir jou Vandag

De: Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet
  • Resumen

  • JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.
    © 2024 God se Woord VARS vir jou Vandag
    Más Menos
activate_WEBCRO358_DT_T2
Episodios
  • Intense Reiniging
    Aug 28 2024

    Send us a Text Message.

    Psalm 51:12 Skep vir my 'n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig.

    Wanneer ons stilstaan en daaroor nadink, weet ons instinktief dat ons optrede direk vloei uit wat in ons harte aangaan. Die probleem is dat ons nie gereeld genoeg stilstaan en daaroor nadink nie.

    Wanneer laas het jy irrasioneel opgetree? Hoekom het jy beheer verloor? Wat het dit veroorsaak? Nouja, dit was waarskynlik op daardie oomblik die een of ander onbenullige dom dingetjie, waarop jy, op grond van wat in jou hart aan die gang was, gereageer het.

    Of dalk was jou reaksie bloot as gevolg van nog ‘n voortdurende patroon van stimulus, reaksie; stimulus, reaksie. En hoe verder ons op daardie paadjie voortsukkel, hoe meer bevind ons onsself in ‘n vernietigende gedragspatroon waaruit ons nie maklik kan ontsnap nie.

    Dit was wat met koning Dawid van Israel gebeur het toe hy homself tegelykertyd aan egbreuk en moord skuldig gemaak het. Maar toe hy besef het dat hierdie verskriklike ding wat hy gedoen het, uit sy hart gekom het en dat hy weet dat hy magteloos was om homself te beheer, is dít wat hy gebid het:

    Psalm 51:12 Skep vir my 'n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig.

    Om aldag te verstaan wat diep in jou hart aangaan, is regtig moeilik en baie dikwels onmoontlik. Dawid was dus slim genoeg om vir God te vra om dit vír hom te doen. Hy vra God om hom te reinig en om deur sy Heilige Gees sy hart te verander, sodat veranderinge in sy gedrag daaruit sal voortvloei.

    Wat 'n slim ding om vir God te vra; eerder as om self jou optrede te probeer verander terwyl jou hart nog nie op die regte plek is nie.

    Skep vir my 'n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.



    Support the Show.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Más Menos
    3 m
  • Wees Leerbaar en Laat God Jou Vergewe
    Aug 27 2024

    Send us a Text Message.

    Psalm 51: 8,9 Maar U verwag opregtheid diep in 'n mens se hart: laat ek dan diep in my binneste weet hoe U wil dat ek moet lewe. Neem tog my sonde weg dat ek rein kan wees, was my dat ek witter as sneeu kan wees.

    Ons wil instinktief weghardloop en wegkruip vir God wanneer ons besig is om die spoor byster te raak; wanneer ons weet dat dít wat ons gedoen het, verkeerd is. Dis mos heeltemal dwaas, nie waar nie? Tog is dit presies wat ons probeer doen.

    Jy het seker al vir Hom probeer wegkruip; ek het ook. Ons het albei baie duidelik geweet dat ons besig is om dinge onder die mat te probeer invee, in die hoop dat God dit nie sal sien nie, net om van die wal af in die sloot te val.

    Destyds het koning Dawid 'n ander man se vrou gesteel en hom toe laat vermoor. Die koning van Israel het sommer tegelykertyd egbreuk en moord gepleeg. Hy het dit probeer toesmeer, deur voor te gee dat haar man, Uria, in die oorlog gesterf het (wat wel gebeur het, omdat Dawid dit gereël het, toe hy hom in die voorste ry van die geveg laat staan het).

    Tog het God in sy groot liefde, deur die profeet Natan, vir Dawid bestraf. Dit het hom tot sy sinne gebring. En Psalm 51 is sy gebed van beleidenis; sy gebed om God te vra om dinge tussen hulle reg te stel.

    Psalm 51:8,9 Maar U verwag opregtheid diep in 'n mens se hart: laat ek dan diep in my binneste weet hoe U wil dat ek moet lewe. Neem tog my sonde weg dat ek rein kan wees, was my dat ek witter as sneeu kan wees.

    Dawid bely sy skuld en vra God om hom te vergewe. Hy wil God se stem diep in sy hart hoor, sodat hy volgens God se waarheid kan lewe en tot sy sinne kan kom. Hy begeer dat God hom leer en hom skoonwas en van sy sonde reinig.

    Wanneer óns sondig, kan ons nie self dinge regstel nie. Net God kan. Wees leerbaar. Maak jou hart oop vir sy wysheid, sy dissipline en sy vergifnis. Moenie hardkoppig wees nie. Deur sy genade sal Hy jou op die regte pad terugbring.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the Show.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Más Menos
    3 m
  • Wanneer Sal die Bose Tot Niet Gaan?
    Aug 26 2024

    Send us a Text Message.

    Matteus 25:46 En hierdie mense sal die ewige straf ontvang, maar dié wat die wil van God gedoen het, die ewige lewe.”

    Met alles wat dwarsdeur die wêreld aangaan, vra baie van ons onsself die vraag af: wanneer gaan hierdie verskriklike boosheid eindig? En dit is glad nie 'n onredelike vraag nie. Wanneer gaan dit eindig?

    Waarom laat 'n God van liefde al hierdie oorloë toe? Oorloë, waarin soveel onskuldige slagoffers; baie van hulle kinders; vermoor, vermink, of getraumatiseer word? Hoekom word die rykes ryker en die armes armer? Hoekom laat Hy hierdie een spesifieke persoon in my lewe met sy verskriklike, vernietigende gedrag wegkom? As Hy dan ‘n God van liefde is, hoekom stop Hy nie net al hierdie nare dinge nie?

    Maar terselfdertyd wil baie van die mense wat sulke vrae vra, nie hê dat God iets moet sê wat vir hulle dalk aanstoot sal gee nie. En wat van die nare dinge waarvan die Christene praat; die hemel en die hel, sonde en geregtigheid en God se oordeel? Dit kan seker ook nie reg wees nie!

    Nee my vriend, jy moet kies. As jy 'n God sonder oordeel wil hê, dan is die duiwel vry om te doen wat hy wil. As jy wil hê dat die bose dinge end moet kry, dan het jy 'n God nodig wat met reg en geregtigheid sal oordeel. En dit is juis om daardie rede dat Jesus self gesê het in:

    Matteus 25:46 En hierdie mense sal die ewige straf ontvang, maar dié wat die wil van God gedoen het, die ewige lewe.”

    Trouens, Jesus het dikwels gepraat oor God se geregtigheid, sy oordeel en die ewige straf wat wag vir diegene wat Hom verwerp.

    Jy kan nie die botter aan beide kante gesmeer hê nie! As jy wil hê dat die bose uiteindelik aan bande gelê moet word, is dit nodig dat God oor die goddelose oordeel. En hierdie mense sal die ewige straf ontvang. Ja, hulle einde is verseker.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the Show.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Más Menos
    3 m

Lo que los oyentes dicen sobre God se Woord VARS vir jou Vandag

Calificaciones medias de los clientes

Reseñas - Selecciona las pestañas a continuación para cambiar el origen de las reseñas.