Episodios

  • Sal jy ‘n Kompromie Aangaan?
    Oct 4 2024

    Send us a text

    Deuteronomium 6:4,5 “Luister, Israel, die Here is ons God, Hy is die enigste Here. Daarom moet jy die Here jou God liefhê met hart en siel, met al jou krag.

    Soms kom jy voor 'n morele dilemma te staan. Aan die een kant weet jy wat reg is en in jou hart wil jy die regte ding doen. Maar die korttermyn belonings wat dit inhou om die verkeerde ding te doen, is so groot, dat jy verdeeld is. Watter kant toe spring jy?

    Gedurende die 1980's het ek en twee voormalige militêre kollegas 'n IT-konsultasiefirma begin. Graham was die luitenant-kolonel, Mark die majoor, en ek die kaptein. Ons het Graham, as die mees senior, en sonder twyfel die slimste ou, die baas gemaak. Hy was, en is steeds, 'n man met ‘n opregte geloof in Christus.

    Graham het uit die staanspoor die kernbeginsel neergelê dat ons, ongeag die koste vir onsself, altyd advies sal gee wat in die beste belang van ons kliënt is. Dit klink mooi en edel totdat daardie etiese dilemma opduik. Daar was soveel gevalle waar ons vir ons kliënte raad kon gee om geld uit hulle te maak. Maar Graham het eenvoudig nooit 'n kompromie aangegaan nie.

    Ons het op grond daarvan, 'n goeie reputasie as eerlike makelaars in die mark ontwikkel. Dit het ons meer werk besorg as wat ons ooit kon dink. Soos ‘n kliënt eenkeer vir my gesê het: "Goeie wyn het nie ‘n kransie nodig nie."

    Wie of wat stel jy eerste in jou lewe? Vir wie of vir wat sal jy eenvoudig nooit kompromieë aangaan nie; ten spyte van hoe aanloklik die korttermyn voordele ook al mag wees?

    Deuteronomium 6:4,5 Luister, Israel, die Here is ons God, Hy is die enigste Here. Daarom moet jy die Here jou God liefhê met hart en siel, met al jou krag.

    Sien jy? Hier is geen ‘indien’, geen ‘maar’, geen ‘miskien’ nie!

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Más Menos
    3 m
  • Waar Pas Jy In?
    Oct 3 2024

    Send us a text

    Johannes 19:25 -27 Naby die kruis van Jesus het sy ma, sy ma se suster en Maria, die vrou van Klopas, en Maria Magdalena gestaan. Toe Jesus sy ma sien, en die lieflingdissipel wat by sy ma staan, sê Hy vir haar: “Vrou, dáár is u seun.” Daarna sê Hy vir die dissipel: “Kyk, dáár is jou ma.” Van daardie uur af het die dissipel Jesus se ma by hom aan huis geneem. (NLV)

    Het jy al ooit opgelet hoe jy, wanneer alles goedgaan, baie vriende om jou het? Maar dat hulle, wanneer dinge skielik 'n skewe wending neem, verdwyn soos mis voor die son!

    Ek reken dat dit ons nie moet verbaas nie. Dit is per slot van sake net natuurlik dat mense begin onttrek na hulle gemaksones en eie veiligheid, wanneer dinge druk op hulle plaas. Baie min van jou sogenaamde vriende is bereid om die moeilike kwessies saam met jou te trotseer.

    Sê my: watter soort mens is jy? Een wat jou vriende deur voorspoed en teëspoed ondersteun, of is jy ‘n mooiweersvriend; een wat in die niet verdwyn wanneer daar probleme is?

    Toe Jesus op aarde was en wonderwerke gedoen het, het duisende mense na Hom toe gestroom. Die besighede in stede het hul deure gesluit sodat mense na die een of ander bymekaarkomplek kon gaan om Hom te hoor praat.

    Jesus het net twaalf manne uitgekies om sy binnekring te vorm. En die nag toe Hy verraai is, het net drie van hulle saam met Hom dieper in die tuin van Getsemane ingegaan om te bid. En op die dag wat Hy gekruisig is, was die meeste van hulle bra skaars:

    Johannes 19:25,26 Naby die kruis van Jesus het sy ma, sy ma se suster en Maria, die vrou van Klopas, en Maria Magdalena gestaan. Toe Jesus sy ma sien, en die lieflingdissipel wat by sy ma staan, sê Hy vir haar: “Vrou, dáár is u seun.” Daarna sê Hy vir die dissipel: “Kyk, dáár is jou ma.” Van daardie uur af het die dissipel Jesus se ma by hom aan huis geneem. (NLV)

    Ja, my vriend, by die kruis was daar vier vroue (een daarvan sy moeder) en net een dissipel. Waar was die res, die duisende volgelinge? … Of dan ten minste die ander elf?

    Hoe nader jy aan die Kruis kom, hoe kleiner word die skare. So, waar staan jy? Ver of naby?

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Más Menos
    3 m
  • Wat God Voorberei het vir Jou
    Oct 2 2024

    Send us a text

    1 Korintiërs 2:8,9 Nie een van die heersers van hierdie wêreld het hierdie wysheid geken nie. As hulle dit geken het, sou hulle nie die Here van die heerlikheid gekruisig het nie. Maar soos daar geskrywe staan: “Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor het nie,” en wat in die hart van 'n mens nie opgekom het nie, dit het God gereed gemaak vir dié wat Hom liefhet.

    Wanneer jy probeer om ‘n goeie lewe; ‘n lewe met integriteit en reinheid te leef, terwyl almal rondom jou skandelik optree - begin jy wonder, Is dit die moeite werd? Wel, is dit?

    Dietrich Bonhoeffer, 'n Duitse pastoor en teoloog, was veral bekend vir sy sterk weerstand teen Hitler se diktatuur en die afskuwelike boosheid - die volksmoord - waarmee hy weggekom het. Terwyl groot dele van God se kerk stilgebly het, was kerkleiers inderwaarheid medepligtig aan Hitler se boosheid, omdat hulle stilgebly het.

    Toe Bonhoeffer teen die boosheid in opstand kom, is hy deur die Gestapo gearresteer en het hy byna twee jaar in konsentrasiekampe deurgebring. Hy is daarvan beskuldig dat hy gekoppel word aan die komplot om Hitler te vermoor, en is op 9 April 1945 tydens die ineenstorting van die Nazi-regime, gehang. Nou vra ‘n mens jouself af: was dit die moeite werd?

    Die apostel Paulus vermaan in die eerste eeu die Korintiese kerk oor hulle wêreldse gesindheid:

    1 Korintiërs 2:8,9 Nie een van die heersers van hierdie wêreld het hierdie wysheid geken nie. As hulle dit geken het, sou hulle nie die Here van die heerlikheid gekruisig het nie. Maar soos daar geskrywe staan: “Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor het nie,” en wat in die hart van 'n mens nie opgekom het nie, dit het God gereed gemaak vir dié wat Hom liefhet.

    Tweeduisend jaar gelede het Jesus, soos Bonhoeffer, dapper opgestaan en teen die bose gepreek - iets wat Hom sy lewe gekos het. Maar soos daar geskrywe staan: “Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor het nie,” en wat in die hart van 'n mens nie opgekom het nie, dit het God gereed gemaak vir dié wat Hom liefhet.

    Wag vir God se geskenk wat Hy besig is om vir jou voor te berei. Dit is absoluut die moeite werd.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Más Menos
    3 m
  • ‘n Onpopulêre Wysheid
    Oct 1 2024

    Send us a text

    1 Korintiërs 2:7,8 Wat ons verkondig, is die wysheid van God, die verborge waarheid wat bedek was en wat God van ewigheid af vir ons voorbestem het tot ons ewige heerlikheid. Nie een van die heersers van hierdie wêreld het hierdie wysheid geken nie. As hulle dit geken het, sou hulle nie die Here van die heerlikheid gekruisig het nie

    Die wêreld se invloedrykes – die nasionale leiers, die miljardêrs, die bekendes en die sosiale media se ‘influencers’ (wat volgens Netwerk 24 as ‘smaakmakers’ vertaal word) - se raklewe is almal maar beperk. Ja, my vriend, hulle het op die oomblik baie invloed, maar eendag sal hulle geen invloed hê nie.

    Het jy al ooit gewonder wie of wat bepaal hoe jy dink? Wat is die dinge wat die lens skep waardeur jy die huidige sosiale kwessies en alles wat in jou persoonlike lewe gebeur, beleef en daarop reageer?

    In die laaste vyftig jaar of so het dinge baie verander. Die idioom sê: Ander tye ander sedes! Ja, ons sien oral rondom ons dat daar ‘n ‘meer vloeibare benadering’ tot moraliteit gekom het. Mense is deesdae baie meer verdeeld. En die meeste verdeeldheid in die samelewing word aangeblaas deur 'n baie invloedryke, luidrugtige minderheid.

    Ja, ons weet Jesus se wysheid is vir baie mense moeilik om te aanvaar, maar kom ons kyk weer na wat die apostel Paulus tweeduisend jaar gelede aan die Korintiërs geskryf het:

    1 Korintiërs 2:7,8 Wat ons verkondig, is die wysheid van God, die verborge waarheid wat bedek was en wat God van ewigheid af vir ons voorbestem het tot ons ewige heerlikheid. Nie een van die heersers van hierdie wêreld het hierdie wysheid geken nie. As hulle dit geken het, sou hulle nie die Here van die heerlikheid gekruisig het nie.

    God se wysheid was destyds só onaanvaarbaar vir die mense, dat hulle Jesus aan 'n kruis vasgespyker het. Invloedrykes en hul volgelinge het Jesus se wysheid verwerp. As hulle dit verstaan het, sou hulle Hom, per slot van rekening, nooit gekruisig het nie!

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Más Menos
    3 m
  • Wysheid Voor die Wêreld Begin Het
    Sep 30 2024

    Send us a text

    1 Korintiërs 2:6,7 Tog is wat ons verkondig wysheid, maar net vir dié wat daarvoor ryp is, en dan 'n wysheid wat nie van hierdie wêreld is of van die heersers van hierdie wêreld nie. Hulle is buitendien aan die ondergaan. Wat ons verkondig, is die wysheid van God, die verborge waarheid wat bedek was en wat God van ewigheid af vir ons voorbestem het tot ons ewige heerlikheid.

    Die plasings in koerante en digitale kanale loop deesdae oor van wêreldse wysheid wat wissel van die verleidelike, tot die bisarre, tot die positief gevaarlike.

    Hier is ‘n paar voorbeelde waarop ek vandag, op net één dag, afgekom het: Dit gaan oor mistisisme en aandagtigheid; oor gevaarlike en teenstrydige dieet advies; selfs oor hoe een vrou se ‘deeltydse werk’ as 'n prostituut, haar loopbaan onregverdig vernietig het. As ons hierna kyk, is dit baie maklik om tot die gevolgtrekking te kom dat die wêreld heeltemal stapelgek geword het, nè?

    En tog word 'n niksvermoedende publiek aan soveel van hierdie bog, wat kamtig wysheid is, blootgestel. Vrouetydskrifte smous al jare lank met hierdie soort rommel! Ek wonder of jy al ooit in die versoeking gekom het om van hierdie snert vir soetkoek op te eet?

    Maar kyk wat sê die apostel Paulus 'n paar duisend jaar gelede aan 'n sukkelende kerk wat ook aan wêreldse wysheid blootgestel was:

    1 Korintiërs 2:6,7 Tog is wat ons verkondig wysheid, maar net vir dié wat daarvoor ryp is, en dan 'n wysheid wat nie van hierdie wêreld is of van die heersers van hierdie wêreld nie. Hulle is buitendien aan die ondergaan. Wat ons verkondig, is die wysheid van God, die verborge waarheid wat bedek was en wat God van ewigheid af vir ons voorbestem het tot ons ewige heerlikheid.

    Ek gee toe: God se wysheid lyk dalk nie aldag heeltemal so aanloklik soos die ‘wysheid’ wat die wêreld in ons kele probeer afdruk nie! Maar ons weet waar om ware wysheid; wysheid wat werk, te kry. Net by God - dis God se wysheid, wat getuig van sy liefde, nederigheid, vergifnis, goedheid …

    Moenie mislei word deur die valse wysheid van sterflike mense nie. Nog voor die wêreld geskape is, het Hy al hierdie dinge spesiaal net vir ons reggemaak.

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Más Menos
    3 m
  • Die Leiers Verloor hulle Mag
    Sep 29 2024

    Send us a text

    1 Korintiërs 2:6 Tog is wat ons verkondig wysheid, maar net vir dié wat daarvoor ryp is, en dan 'n wysheid wat nie van hierdie wêreld is of van die heersers van hierdie wêreld nie. Hulle is buitendien aan die ondergaan.

    As jy na die wêreldleiers kyk, is daar talle van hulle wat despote is. Hulle dikteer hoe mense moet leef en wat hulle moet glo. Dis skrikwekkend.

    Maar daardie despotisme raak ons baie meer persoonlik as wat jy dalk mag dink. Selfs al leef jy, soos ek, in relatiewe vryheid, word ons meer en meer vertel wat ons moet dink en glo ... en wee enigiemand wat homself daarteen uitspreek.

    In my eie land, ‘n demokrasie, is daar 'n paar dinge wat ek met my hele hart glo, wat ek, nie op die lug kan sê nie. Dis uit vrees dat die radiostasie waarop die daaglikse VARS-boodskappe uitgesaai word, se lisensie opgeskort kan word.

    En hierdie onderwerpe wat nou verbode is, is geensins radikaal of vermetel nie – dit gaan oor beginsels wat ‘n tydjie gelede ons denke gevorm het en wat vir almal heeltemal aanvaarbaar was. Ja, my vriend, hoe verder ons samelewing wegdryf van die liefde van God, hoe verder dryf óns weg van die liefde van God en hoe meer ontaard sogenaamde wysheid.

    Maar dit is geensins 'n nuwe ding nie. Kyk wat die apostel Paulus 2 000 jare gelede oor hierdie selfde saak geskryf het in:

    1 Korintiërs 2:6 Tog is wat ons verkondig wysheid, maar net vir dié wat daarvoor ryp is, en dan 'n wysheid wat nie van hierdie wêreld is of van die heersers van hierdie wêreld nie. Hulle is buitendien aan die ondergaan.

    Maar, my vriend, wees gerus, terwyl ons hier praat, is diegene wat probeer om ons gedagtes en oortuigings te dikteer, besig om hul mag te verloor. Moenie bang wees nie, jou God se wysheid is nie van hierdie wêreld nie. Dis waarom jy jou lewe in die oorwinning van sy liefde kan leef.

    Sy wysheid is 'n wysheid wat nie van hierdie wêreld is of van die heersers van hierdie wêreld nie.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Más Menos
    3 m
  • Krag, Liefde, Toevlug
    Sep 28 2024

    Send us a text

    Psalm 59:17,18 Maar ék sal sing van u mag, elke môre sal ek jubel oor u trou, want U is vir my 'n veilige vesting, 'n skuilplek in tyd van nood. Tot u eer wil ek sing, U, my Sterkte, want U is my veilige vesting, U is my troue God.

    Weet jy hoe jy soms iemand ontmoet en dit lyk vir jou asof hulle geen probleme het nie? Hulle het die perfekte werk, baie geld en 'n gesin waarvan jy net kan droom.

    Ek het onlangs met 'n man gesels wat ek al ongeveer twintig jaar lank ken. Nogal 'n lang tyd, nè? Hy is 'n senior regter in die gesinshof. Hy verhoor hoofsaaklik sake wat egskeidings, huwelike en onderhoud raak. Hy het dus heeldag te doen met sake oor huweliksverbrokkeling, egskeiding, toesigreëlings en finansiële skikkings.

    Hy is 'n eersteklas man; vriendelik en liefdevol en so wys. Ek kan net droom daarvan om soos hy te wees. En tog het hy ook ‘n diep hartseer in sy lewe - sy seun is deur die trauma van ‘n egskeiding.

    Hoe ouer ek word, hoe meer kom ek tot die gevolgtrekking dat daar nie 'n perfekte gesin op planeet aarde is nie. Alle gesinne het maar groter of kleiner probleme: verwonde en gebroke verhoudings, een of ander soort konflik, een of ander soort verbrokkeling. Dit behoort nie as 'n verrassing te kom nie, maar dit vang ‘n mens onkant, nie waar nie?

    Het jy al gely? Of ly jy op die oomblik? Hoe dit ook al op die oomblik vir jou lyk, wil ek jou aanmoedig om in daardie situasie vir God toe te laat om diep in jou hart met jou te praat.

    Psalm 59:16 Maar ék sal sing van u mag, elke môre sal ek jubel oor u trou, want U is vir my 'n veilige vesting, 'n skuilplek in tyd van nood. Tot u eer wil ek sing, U, my Sterkte, want U is my veilige vesting, U is my troue God.

    Hierdie God, jou God, is 'n God van krag en van liefde wat elke oggend nuut is. Hy is die veilige plek waarheen jy kan hardloop. My vriend, Hy is jou krag en jou beskerming, want Hy het jou lief.

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Más Menos
    3 m
  • Ek Het U Lief, My Here
    Sep 27 2024

    Send us a text

    Psalm 18:2,3 ...Ek het U baie lief, Here; U is my sterkte. Die Here is my rots, my vesting en my redder, my God, en my rots by wie ek skuil. Hy is my skild, my magtige redder, my veilige vesting. (NLV)

    Daar is min dinge so skrikwekkend soos 'n aardbewing... Wanneer die grond onder jou voete begin bewe, wag jy in vrees vir die oomblik wat die gebou om jou gaan ineenstort en jou onder sy puin gaan vergruis.

    Volgens die webwerf livescience.com het die sterkste aardbewing wat nog ooit opgeteken is, op 22 Mei 1960 in Valdivia, Chili, plaasgevind. Dit het 'n sterkte van 9,5 op die Richterskaal geregistreer. Sowat 1 655 mense is dood, duisende ander is beseer en miljoene is dakloos gelaat. Die aardbewing het 'n tsoenami veroorsaak wat tot in Hawaii, Japan en die Filippyne verwoesting gesaai het.

    Ons aanvaar dat die grond onder ons voete beslis rotsvas sal wees en gelukkig is dit in die meeste dele van die wêreld die geval, want daardie rampspoedige skuddings is baie skaars. Maar ongelukkig is rampspoedige gebeure, wat ons lewens tot in die kern skud, glad nie so skaars nie.

    Soms is dit as gevolg van dinge wat met ons gebeur. Ander kere broei die probleme vir jare in ons binneste voordat dit soos 'n vulkaan ontplof. As ek terugkyk na my lewe, kan ek drie of vier dinge wat met my gebeur het, opnoem. Dinge wat ek nie my grootste vyand sou toewens nie. Wat van jou?

    Wat ons in daardie tye nodig het, is vaste grond onder ons voete. Ja, in daardie verskriklike tye wanneer die fondamente van ons lewens onder ons voete bewe, wanneer alles wat ons vir onsself gebou het, ineenstort en dreig om die lewe uit ons te wurg …

    Psalm 18:2,3 ...Ek het U baie lief, Here; U is my sterkte. Die Here is my rots, my vesting en my redder, my God, en my rots by wie ek skuil. Hy is my skild, my magtige redder, my veilige vesting. (NLV)

    Laat die Here ook jou Rots wees.

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Más Menos
    3 m