Episodios

  • Seisoene en Siklusse van die lewe
    Jul 7 2024

    Past Morne verduidelik die verskil tussen 'n Seisoen en 'n Siklus in ons lewe. Wanneer is dit 'n seisoen en wanneer is dit 'n siklus?

    God werk deur altwee om ons lewe te rig volgens Sy planne.

    Más Menos
    47 m
  • Onse Vader
    Jun 16 2024

    Onse Vader. God is ons Vader en Hy wil ons Vader wees. Hy het reeds vir ons die pad oop gemaak om Kinders genoem te kan word. Die bal is nou in ons hande. Kies God en word deel van God se familie.

    Más Menos
    1 h
  • JESUS
    Jun 9 2024

    JESUS. Die naam bo elke ander naam. Die WOORD van God. Ken jy Hom?


    Die Woord van God is ons fondasie waarop ons ons lewe bou. Sonder die Woord van God was daar niks. Alles is geskape deur die Woord.


    Maak God se Woord deel van jou lewe en ondek 'n hele nuwe lewe.

    Más Menos
    59 m
  • Staan jy nog?
    Jun 2 2024

    Die lewe is soms vol situasies wat ons wil onder trek. Maar om te bly staan is waar ons sukses lê. Die vraag wat ons onsself moet afvra is, is ons voete op die rots geplant. Is ons fokus op die regte plek. Is JESUS ons fondasie?

    Baie vrae maar een antwoord, Jesus.

    Más Menos
    1 h y 5 m
  • Positioned
    May 26 2024

    Ons almal word deur God op 'n sekere area in die lewe geplaas en daar waar ons is, moet ons vir God iets doen. Ons leer uit die storie van Josef, dat God vir Josef in 'n posisie geplaas het om lewens te red.

    Die vraag word gevra, is jy waar jy is omdat God 'n plan het met jou lewe en dat God wil sien dat jy in jou "posisie" lewens red?

    Waar bevind jy jouself in jou avontuur? Josef het self in die moeilike tye van die tronk 'n doel gehad.

    Más Menos
    35 m
  • God se Ekonomie - Fire Conference
    May 18 2024

    Past Anton La Grange praat oor die ekonomie van die Koninkryk van God en dit is nie net gekoppel aan geld nie.

    Die woorde boek verduidelik dit baie soos volg; 'n Ekonomie is 'n gebied van produksie, verspreiding en handel, sowel as verbruik van goedere en dienste. Oor die algemeen word dit gedefinieer as 'n sosiale domein wat die praktyke, diskoerse en materiële uitdrukkings wat met die produksie, gebruik en bestuur van hulpbronne geassosieer word, beklemtoon.


    Kom geniet hierdie kragtige woord en ontvang dit wat die Here vir jou instoor het.

    Más Menos
    59 m
  • Oil & Fire - Fire Conference24
    May 17 2024

    Past Rudi Young gesels met ons oor die belangrikheid van die olie in ons lewe. Jesus is die begin van die vuur. Sonder Jesus is dit nie moontlik om die Vuur van die Heilige Gees te beleef nie. Jesus is die begin van jou Gees vervulde lewe.


    Más Menos
    48 m
  • Keuses verander die Atmosfeer
    May 12 2024

    Past Mariette La Grange van Montana, Pretoria deel vandag met ons die boodskap tydens ons Moedersdag Sondag.


    Keuses verander die atmosfeer en sy verwys na die fles parfuum wat die vroue gebreek het om Jesus mee te salf. Elkeen het hulle ervaring met Jesus gehad en elkeen het ook teenkanting ervaar van mense om die tafel.


    Luister gerus na hierdie boodskap en ontvang dit wat God in jou lewe wil wakkeer maak.


    Is jy bereid om jou fles te breek?

    Más Menos
    45 m