Episodios

  • Bizskoops - 2 Oktober 2024
    Oct 3 2024
    Op die program vandag,
    # ’n Groep sakeleiers het hulle daartoe verbind om president Cyril Ramaphosa se ekonomiese hervormings te ondersteun, en
    # Die regering beplan om in te gryp om kragpryse laer te hou
    # Die ekonoom Waldo Krugell gaan ons meer vertel oor die tweede kwartaal se indiensname statistieke wat verlede week bekend gemaak is.
    # In internasionale sake-nuus... Tienduisende hawewerkers het vir 'n onbepaalde tyd begin staak by hawens in die VSA
    # In beleggingsnuus... Capitec maak sy halfjaarverdienste bekend
    En, ons gesels ook met Chris Hattingh van die Sentrum vir Risiko-ontleding oor onder andere die onlangse gebeure in die Stad Tshwane met die mosie van wantroue teen die DA se Cilliers Brink
    Más Menos
    12 m
  • Bizskoops - 26 September 2024
    Sep 26 2024
    Op die program vandag,
    # Nersa het datums vir openbare konsultasie oor Eskom se versoek om elektrisiteitstariefverhogings vasgestel
    # Suid-Afrikaanse vervaardigers spreek kommer uit oor die land se verhouding met China
    # Die ekonoom Waldo Krugell gaan gesels oor verlede week se besluit om die rentekoers effens te verlaag.
    # In internasionale sake-nuus... Lande in Europa kan finansiële druk in die gesig staar na die dodelike vloede wat onlangs deur Sentraal-Europa gespoel het.
    # In beleggingsnuus... Die JSE gaan ‘n oplossing aanlyn laat bou waar beleggers en onopgeeiste dividende bymekaar uitgebring word
    En, ons gesels ook met Chris Hattingh van die Sentrum vir Risiko-ontleding oor die Suid-Afrikaanse Reserwebank se besluit om die rentekoers met 25 basispunte te verlaag.
    Más Menos
    10 m
  • Bizskoops - 19 September 2024
    Sep 20 2024
    Op die program vandag,
    # Verbruikersinflasie daal tot onder die Suid-Afrikaans Reserwebank se sleuteldoelwit van vier-komma-vyf persent, en
    # Sanlam verwag dat die Suid-Afrikaanse Reserwebank die rentekoers gaan verlaag
    # Die ekonoom Waldo Krugell gaan ons ook meer vertel oor rentekoerse in die lig van hierdie week se vergadering van die Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee.
    # In internasionale sake-nuus... Brexit rompslomp het ʼn invloed op goederehandel tussen die Verenigde Koninkryk en die Europese Unie.
    # In beleggingsnuus... Outsurance Group het ʼn sterk vertoning tot die einde van Junie gelewer
    En, ons gesels ook met Chris Hattingh van die Sentrum vir Risiko-ontleding oor die graderingsagentskap wat Suid-Afrika se kredietgradering onveranderd gehou het.
    Más Menos
    10 m
  • Bizskoops - 12 September 2024
    Sep 12 2024
    Op die program vandag,
    # Sake-inbrake bly 'n ernstige kommer in Suid-Afrika, en
    # Vervaardigingsproduksie het in Julie met een-komma-sewe persent toegeneem
    # Die ekonoom Waldo Krugell gaan ons meer vertel oor Suid-Afrika wat hoop vir ekonomiese groei van ten minste vyf persent, maar beklemtoon ook dat mens nie die belangrikheid van klein groeiverskille moet onderskat nie.
    # In internasionale sake-nuus... Apple hoop om verkope ʼn hupstoot te gee met die nuwe iPhone 16
    # In beleggingsnuus... Die Suid-Afrikaanse genoteerde-eiendomsektor vaar tans goed
    En, ons gesels ook met Chris Hattingh van die Sentrum vir Risiko-ontleding oor Transnet se verlies en die maatskappy se hoop om binnekort wins te toon
    Más Menos
    11 m
  • Bizskoops - 05 September 2024
    Sep 6 2024
    Op die program vandag,
    # Die Suid-Afrikaanse ekonomie het in die tweede kwartaal met nul-komma-vier persent gegroei,
    # Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens stel 'n aanlyn Twee-Pot-aftreestelselsakrekenaar bekend.
    # Die ekonoom Waldo Krugell gaan ons meer vertel oor sentrale banke wat begin om rentekoerse te sny en wat dit vir Suid-Afrika se rentekoers kan beteken.
    # In internasionale sake-nuus... Die voormalige hoof- uitvoerende beampte van Volkswagen verskyn in die hof op aanklagte van bedrog.
    #In beleggingsnuus... Die Takealot-groep het die klerekleinhandelaar, Superbalist, verkoop.
    En, ons gesels ook met Chris Hattingh van die Sentrum vir Risiko-ontleding oor onder andere die oudit-uitkomste van plaaslike rade.
    Más Menos
    11 m
  • Bizskoops - 29 Augustus 2024
    Aug 29 2024
    Op die program vandag,
    # Die minister van Menslike Nedersettings wil ingryp in die toegang tot huislenings vir alle Suid-Afrikaners
    # Behuisingstatistieke toon gedempte groei, maar daar is hoop vir die toekoms
    # Die ekonoom Waldo Krugell gaan ons meer vertel oor die regulering van elektrisiteitspryse
    # In internasionale sake-nuus... Kanada beplan 'n tarief op die invoer van China-vervaardigde elektriese voertuie
    # In beleggingsnuus... Naspers verwag dat e-handel teen 2035 beduidend sal groei
    En, ons gesels ook met Chris Hattingh van die Sentrum vir Risiko-ontleding oor onder andere sy voorspellings vir die rentekoers aankondiging van volgende maand
    Más Menos
    11 m
  • Bizskoops - 22 Augustus 2024
    Aug 22 2024
    Op die program vandag,
    # Suid-Afrikaanse eiendomskenners het 'n afname in huiswaardes waargeneem
    # Julie se inflasie het afgeneem en is tans die laagste in drie jaar sedert Julie 2021.
    # Die ekonoom Waldo Krugell gaan ons meer vertel oor hoe die verbetering in kleinhandel verkopesyfers goeie nuus is.
    # In internasionale sake-nuus... ’n Kanadese geriefswinkelreus wil die 7-Eleven wat tans in Japannese besit is, oorneem.
    # In beleggingsnuus... Qatar Airways het 'n belang in Airlink gekoop
    En, ons gesels ook met Chris Hattingh van die Sentrum vir Risiko-ontleding oor onder andere die jongste werkloosheidsyfers.
    Más Menos
    10 m
  • Bizskoops - 15 Augustus 2024
    Aug 15 2024
    Op die program vandag,
    #, Werkloosheid neem toe, en
    # Huurders bestee proporsioneel meer van hul salarisse aan huur
    # Die ekonoom Waldo Krugell gaan ons meer vertel oor die koste van groen energie.
    # In internasionale sake-nuus... Die Verenigde Koninkryk se werkloosheidsyfer het gedaal.
    # In beleggingsnuus... Die Ackerman-familie het vir die eerste keer minder as 50 persent stemreg in die maatskappy Pick n Pay
    En, ons gesels ook met Chris Hattingh van die Sentrum vir Risiko-ontleding oor plaaslike regering in die Wes-Kaap en beleggingsaantreklikheid.
    Más Menos
    10 m