God se Woord VARS vir jou Vandag

De: Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet
  • Resumen

  • JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.
    © 2024 God se Woord VARS vir jou Vandag
    Más Menos
activate_Holiday_promo_in_buybox_DT_T2
Episodios
  • Sal jy ‘n Kompromie Aangaan?
    Oct 4 2024

    Send us a text

    Deuteronomium 6:4,5 “Luister, Israel, die Here is ons God, Hy is die enigste Here. Daarom moet jy die Here jou God liefhê met hart en siel, met al jou krag.

    Soms kom jy voor 'n morele dilemma te staan. Aan die een kant weet jy wat reg is en in jou hart wil jy die regte ding doen. Maar die korttermyn belonings wat dit inhou om die verkeerde ding te doen, is so groot, dat jy verdeeld is. Watter kant toe spring jy?

    Gedurende die 1980's het ek en twee voormalige militêre kollegas 'n IT-konsultasiefirma begin. Graham was die luitenant-kolonel, Mark die majoor, en ek die kaptein. Ons het Graham, as die mees senior, en sonder twyfel die slimste ou, die baas gemaak. Hy was, en is steeds, 'n man met ‘n opregte geloof in Christus.

    Graham het uit die staanspoor die kernbeginsel neergelê dat ons, ongeag die koste vir onsself, altyd advies sal gee wat in die beste belang van ons kliënt is. Dit klink mooi en edel totdat daardie etiese dilemma opduik. Daar was soveel gevalle waar ons vir ons kliënte raad kon gee om geld uit hulle te maak. Maar Graham het eenvoudig nooit 'n kompromie aangegaan nie.

    Ons het op grond daarvan, 'n goeie reputasie as eerlike makelaars in die mark ontwikkel. Dit het ons meer werk besorg as wat ons ooit kon dink. Soos ‘n kliënt eenkeer vir my gesê het: "Goeie wyn het nie ‘n kransie nodig nie."

    Wie of wat stel jy eerste in jou lewe? Vir wie of vir wat sal jy eenvoudig nooit kompromieë aangaan nie; ten spyte van hoe aanloklik die korttermyn voordele ook al mag wees?

    Deuteronomium 6:4,5 Luister, Israel, die Here is ons God, Hy is die enigste Here. Daarom moet jy die Here jou God liefhê met hart en siel, met al jou krag.

    Sien jy? Hier is geen ‘indien’, geen ‘maar’, geen ‘miskien’ nie!

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Más Menos
    3 m
  • Waar Pas Jy In?
    Oct 3 2024

    Send us a text

    Johannes 19:25 -27 Naby die kruis van Jesus het sy ma, sy ma se suster en Maria, die vrou van Klopas, en Maria Magdalena gestaan. Toe Jesus sy ma sien, en die lieflingdissipel wat by sy ma staan, sê Hy vir haar: “Vrou, dáár is u seun.” Daarna sê Hy vir die dissipel: “Kyk, dáár is jou ma.” Van daardie uur af het die dissipel Jesus se ma by hom aan huis geneem. (NLV)

    Het jy al ooit opgelet hoe jy, wanneer alles goedgaan, baie vriende om jou het? Maar dat hulle, wanneer dinge skielik 'n skewe wending neem, verdwyn soos mis voor die son!

    Ek reken dat dit ons nie moet verbaas nie. Dit is per slot van sake net natuurlik dat mense begin onttrek na hulle gemaksones en eie veiligheid, wanneer dinge druk op hulle plaas. Baie min van jou sogenaamde vriende is bereid om die moeilike kwessies saam met jou te trotseer.

    Sê my: watter soort mens is jy? Een wat jou vriende deur voorspoed en teëspoed ondersteun, of is jy ‘n mooiweersvriend; een wat in die niet verdwyn wanneer daar probleme is?

    Toe Jesus op aarde was en wonderwerke gedoen het, het duisende mense na Hom toe gestroom. Die besighede in stede het hul deure gesluit sodat mense na die een of ander bymekaarkomplek kon gaan om Hom te hoor praat.

    Jesus het net twaalf manne uitgekies om sy binnekring te vorm. En die nag toe Hy verraai is, het net drie van hulle saam met Hom dieper in die tuin van Getsemane ingegaan om te bid. En op die dag wat Hy gekruisig is, was die meeste van hulle bra skaars:

    Johannes 19:25,26 Naby die kruis van Jesus het sy ma, sy ma se suster en Maria, die vrou van Klopas, en Maria Magdalena gestaan. Toe Jesus sy ma sien, en die lieflingdissipel wat by sy ma staan, sê Hy vir haar: “Vrou, dáár is u seun.” Daarna sê Hy vir die dissipel: “Kyk, dáár is jou ma.” Van daardie uur af het die dissipel Jesus se ma by hom aan huis geneem. (NLV)

    Ja, my vriend, by die kruis was daar vier vroue (een daarvan sy moeder) en net een dissipel. Waar was die res, die duisende volgelinge? … Of dan ten minste die ander elf?

    Hoe nader jy aan die Kruis kom, hoe kleiner word die skare. So, waar staan jy? Ver of naby?

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Más Menos
    3 m
  • Wat God Voorberei het vir Jou
    Oct 2 2024

    Send us a text

    1 Korintiërs 2:8,9 Nie een van die heersers van hierdie wêreld het hierdie wysheid geken nie. As hulle dit geken het, sou hulle nie die Here van die heerlikheid gekruisig het nie. Maar soos daar geskrywe staan: “Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor het nie,” en wat in die hart van 'n mens nie opgekom het nie, dit het God gereed gemaak vir dié wat Hom liefhet.

    Wanneer jy probeer om ‘n goeie lewe; ‘n lewe met integriteit en reinheid te leef, terwyl almal rondom jou skandelik optree - begin jy wonder, Is dit die moeite werd? Wel, is dit?

    Dietrich Bonhoeffer, 'n Duitse pastoor en teoloog, was veral bekend vir sy sterk weerstand teen Hitler se diktatuur en die afskuwelike boosheid - die volksmoord - waarmee hy weggekom het. Terwyl groot dele van God se kerk stilgebly het, was kerkleiers inderwaarheid medepligtig aan Hitler se boosheid, omdat hulle stilgebly het.

    Toe Bonhoeffer teen die boosheid in opstand kom, is hy deur die Gestapo gearresteer en het hy byna twee jaar in konsentrasiekampe deurgebring. Hy is daarvan beskuldig dat hy gekoppel word aan die komplot om Hitler te vermoor, en is op 9 April 1945 tydens die ineenstorting van die Nazi-regime, gehang. Nou vra ‘n mens jouself af: was dit die moeite werd?

    Die apostel Paulus vermaan in die eerste eeu die Korintiese kerk oor hulle wêreldse gesindheid:

    1 Korintiërs 2:8,9 Nie een van die heersers van hierdie wêreld het hierdie wysheid geken nie. As hulle dit geken het, sou hulle nie die Here van die heerlikheid gekruisig het nie. Maar soos daar geskrywe staan: “Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor het nie,” en wat in die hart van 'n mens nie opgekom het nie, dit het God gereed gemaak vir dié wat Hom liefhet.

    Tweeduisend jaar gelede het Jesus, soos Bonhoeffer, dapper opgestaan en teen die bose gepreek - iets wat Hom sy lewe gekos het. Maar soos daar geskrywe staan: “Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor het nie,” en wat in die hart van 'n mens nie opgekom het nie, dit het God gereed gemaak vir dié wat Hom liefhet.

    Wag vir God se geskenk wat Hy besig is om vir jou voor te berei. Dit is absoluut die moeite werd.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

    Más Menos
    3 m

Lo que los oyentes dicen sobre God se Woord VARS vir jou Vandag

Calificaciones medias de los clientes

Reseñas - Selecciona las pestañas a continuación para cambiar el origen de las reseñas.