Episodios

  • 042. Beleggings mini-series: (5) Belê vir jou kinders met Christiaan Wessels van FFG
    Aug 25 2023

    Skakel in en luister lekker saam na die episode waar ek met Christiaan Wessels van FFG gesels oor die moontlikhede en oorwegings om vir die volgede generasie (jou kinders of kleinkinders) te belê.


    Neem kontak op met Christiaan op een van die volgende maniers:

    email: christiaan@ffg.co.za of via LinkedIn

    Más Menos
    23 m
  • 041. Belegging mini-series: (4) Goue reels van beleggings!
    Aug 21 2023

    In die episode hardloop ek deur wat ek glo van die goue-reels is as jy in aandele belê:

    1. Wees bereid om te begin en om nuwe dinge te leer.
    2. Begin
    3. Verstaan wat beteken dit om te belê in aandele: 'aandeelhouer' en 'eienaarskap'
    4. Belê slegs met geld wat jy nie nodig het nie. Geld wat jy slegs in die langtermyn nodig het.
    5. Moenie met geleende geld belê nie
    6. Bele slegs in individuele aandele as jy kennis het van die maatskappye en hul mark, finasiele toestand, kompetisie etc.
    7. ETF's , Beleggingsfondse en/of Mutual funds is die beste opsie indien jy nie kennis het hoe om 'n effektiewe portefeulje op te bou met individuele aandele nie.
    8. Betaal jouself eerste! (luister om te verstaan)
    9. Moenie die koerse en markte probeer time nie.
    10. 'Papier verlies' - Moenie verkoop as die mark onderuit gaan nie. Want op die manier maak jy jou teoretiese verlies 'n werklikheid. "buy the dip" ; "be greedy when others are fearful"
    11. Tyd!
    12. 'n Lae koers beteken nie 'n aandeel/etf is goedkoop nie!
    13. Diversifiseer
    14. Belê belastingslim! (RA's, TFSAs/TFIAs)


    Más Menos
    16 m
  • 040. Ons vier 'Vrouemaand': Uniekheid, Volhoubaarheid, Passie, Onafhanklikheid en vele meer - met Tamara Wallis van TFTF
    Aug 18 2023

    In die episode het ek met Tamara Wallis van Trustees for the Future in gesprek gegaan.


    Spaarwiel is 'n persoonlike finansiële podcast, maar die spesifieke gesprek het verseker nie net daar gestop nie.


    Luister lekker saam en let op vir die volgende temas wat verby kom:

    • Uniekheid,
    • "Longevity" en volhoubaarheid,
    • Onafhanklikheid
    • Asook passie vir wat jy doen en aanpak,
    • Tot eienaarskap neem van moeilike besluite en gesprekke

    ... en vele meer

    Más Menos
    36 m
  • 039. Beleggings mini-series: (3) "Belasting-slim" belê is 'n goudmyn!
    Aug 16 2023

    Reels en voordelige wetgewing maak dit moontlik om belasting voordelig vir jou toekoms te sorg:

    • Aftree/Uittree-annuïteite (Retirement annuities ; RAs),

    asook,

    • Belasting vrye fondse (Tax free investment/saving accounts ; BVFe / TFIAs / TFSAs

    SARS inkomste belastingskale 2023-2024

    27.5% reel rondom RA's / Pensioen beleggings

    TFIAs/TFSAs/BVFe

    Más Menos
    9 m
  • 038. Korttermynversekering met Yolana Kinghorn van FFG
    Aug 11 2023

    Saam met my om die mikrofoon in die episode is Yolana Kinghorn van FFG.


    Ons praat oor korttermynverskering. Dit is 'n baie insiggewende episode, so maak tyd, skakel in, sit terug en luister lekker saam.


    Vir enige vrae kan jy vir Yolana kontak of die FFG website besoek:

    yolana@ffg.co.za

    www.ffg.co.za

    Más Menos
    39 m
  • 037. Beleggings mini series: (2) Waar om te begin? En vir watter rede belê jy?
    Aug 10 2023

    In die episode bespreek ons 'n paar stappe om te oorweeg as jy wil begin belê:

    1. Jy het geld nodig om te kan begin belê. En jy moet die geld in jou budget allokeer vir beleggings.

    2. Waarvoor wil jy belê? - Pensioen ; - Kinders se studies? of of of

    3. Maak jy gebruik van 'n finansiële adviseur? Of belê jy self jou geld d.m.v. 'n aanlyn beleggings platform (bv. Easy Equities)

    4. Belê jy in los aandele of 'mandjie fondse' soos ETFs, Index funds ens.

    5. Local of Offshore?


    Die goue reels van beleggings wat aansluit by die episode sluit in:

    1. Begin! Jy moet erens begin.

    2. Belê belasting slim.

    3. Emosies

    Más Menos
    11 m
  • 036. Beleggings mini-series: (1) Hoekom? Waarom? Hoe? Waarin?
    Aug 9 2023

    Ons neem 'n Beleggings mini-series op oor die volgende paar episodes:


    In die episode bespreek ons:

    1. "Hoekom sou mens geld belê in die eerste plek?" (jou geld aan die werk steek en dus toekomstige welvaart bou en ook toekomstige onafhaklikheid)

    2. "Ek het nie die risiko-profiel om nie te bele nie" ... die impak van inflasie op spaargeld en kontant!

    3. 'n Paar van die grootste hindernisse / struikelblokke wat mense keer om te begin met beleggings (kennis en tasbaarheid).

    4. Wat dit eintlik beteken om aandele te 'koop'. (jy word 'n eienaar / aandeelhouer)

    5. Waarin kan ons belê? (Aandele, effekte/bonds, eiendom, 'Mandjie fondse' (ETFs, indeksfondse, Mutual funds, Unit trusts) ... selfs eksotiese produkte soos ou karre, whisky of kuns ens.)

    6. Een van die belangrikste 'goue reels' van beleggings: ... "slegs bele met geld wt jy vir 'n laaaangtermyn nie nodig het nie"


    Más Menos
    14 m
  • 035. Ryk wees -vs- Baie geld uitgee!
    Aug 3 2023

    Daar is 'n groot verskil tussen iemand wat baie geld uitgee en iemand wat welvaardig is.

    Ek is vas oortuig dat die meeste mense - wanneer hul dagdroom oor geld - nie oor welvaart droom nie.

    Die dagdroom gaan eerder oor die 'sexy-kant' van geld. Die spandeer kant... groot huise, mooi karre en luukse vakansies ens.

    Nie oor die boring spaarplanne en beleggings nie. Nie die gemoedsrus en tyd wat welvaart skep nie.


    Sodra jy geld uitgee aan groot, duur nuwe dinge (karre, groter huis, duur klere, juwele, lidmaatskap by die duurste gholfbaan ens.) is die geld nie meer joune nie. Dit is nie meer deel van jou 'welvaart-potjie' nie. Dit laat jou natuurlik ryk voorkom. Maar jy moet wikkel en vinnig nog geld maak sodat jy dit weer kan spandeer op die volgende duur - en miskien onnodige - item.


    Besef dalk eers hoekom jy meer geld wil verdien voordat jy al die tyd, stress en moeite aangaan om daardie geld te maak en dit dan net gelyk weer uitgee aan die wêreld en op materialistiese dinge.

    Más Menos
    7 m