• Sakeliga se Nuutste Inligting

  • By: Sakeliga
  • Podcast

Sakeliga se Nuutste Inligting  By  cover art

Sakeliga se Nuutste Inligting

By: Sakeliga
  • Summary

  • Sakeliga is ‘n doelgemaakte voertuig vir missie-gerigte vennote om ‘n florerende ekonomie vir besighede en die gemeenskappe wat hulle dien te bou. Ons ontwikkel hoë-impak, skaalbare oplossings vir staatsverval deur strategiese litigasie en alternatiewe bestuurstrukture.
    Copyright 2024 All rights reserved.
    Show more Show less
activate_primeday_promo_in_buybox_DT
Episodes
  • Die 2024-verkiesings en daarna: Sakeliga se strategie en wat ons volgende gaan doen
    Jul 4 2024

    Die nasionale verkiesing het vir ons meer vloeibare en mededingende politiek gebring. Die meeste ontledings fokus tans op hoe dit kan lei tot beter regering en staatsadministrasie, maar by Sakeliga vra ons ook hoe dit ons langtermyn strategiese doel beïnvloed. In die toenemende politieke kompleksiteit sien ons geleenthede om nie net die regering se impak op die sake-omgewing te verbeter nie, maar ook om uiteindelik die staat se rol in die ekonomie te herdefinieer.

    Omdat verkiesings korttermyn politieke aangeleenthede beklemtoon, is dit maklik om te vergeet dat die rol van die staat sélf kan (en soms moet) verander. Deur sy geskiedenis het die staat beide uitgebrei en gekrimp, afhangend van die krag en gesag van ander georganiseerde sektore van die samelewing wat verder as vyfjaarlikse verkiesingsiklusse dink.

    By Sakeliga beskou ons die komende dekade van toenemende politieke kompleksiteit as 'n geleentheid om regering te hervorm, ja, maar ook om die staat-besigheid verhouding grondig te heronderhandel.

    Vir meer inligting, besoek - https://bit.ly/4bqCWlT

    Show more Show less
    11 mins
  • Die Derde Golf van BEE: Wat Dit Is en Waarom Dit Gestop Moet Word
    Jun 7 2024

    Eerste Golf BEE: Politieke Voetwerk terwyl Markte Oopmaak (Sedert 1994)

    Tweede Golf BEE: Die Statutêre Fase (Sedert 2004)

    Derde Golf BEE: Toegangsbeheer (Sedert ~2018)

    Vir meer inligting, besoek - https://sakeliga.co.za/die-derde-golf-van-bee-wat-dit-is-en-waarom-dit-gestop-moet-word/

    Show more Show less
    17 mins
  • Sakeliga Beskerm Munisipale Dispuutprosesse met Dringende Hofbevel in Noordwes
    Jun 6 2024

    Sakeliga het op 31 Mei 2024 ‘n dringende bevel ter beskerming van munisipale eindgebruikers in die Noordwes-hooggeregshof bekom. Die bevel beskerm gebruikers wat billik optree en aan wetgewing voldoen se reg om betalings waaroor ‘n geldige geskil bestaan van ‘n munisipaliteit te weerhou.

    Vir meer inligting, besoek - https://sakeliga.co.za/sakeliga-beskerm-munisipale-dispuutprosesse-met-dringende-hofbevel-in-noordwes/?utm_source=podbean&utm_medium=podcast_page&utm_campaign=af_ditsobotla_press_releas

    Show more Show less
    5 mins

What listeners say about Sakeliga se Nuutste Inligting

Average customer ratings

Reviews - Please select the tabs below to change the source of reviews.