Episodios

  • In Gesprek #2: Wat is jou naam – Identiteit
    Sep 5 2021

    André en Pieter sluit in dié gesprek aan by die tweede tema van die nuwe preekreeks oor Godsvrae…vrae wat God in die Bybel vir die mens vra.

    Hierdie keer oor die stryd rondom identiteit.

    Navrae of terugvoer: andre@sg.org.za of pieter@sg.org.za

    Más Menos
    1 h y 1 m
  • In Gesprek #5: Kan daar weer lewe kom?
    Sep 5 2021

    In die wêreld van geloofsvorming word daar gesê: “There is no learning without reflection.” In hierdie podcasts reflekteer André en Pieter (soms in gesprek met ander) oor die implikasies van ons Sondag-woorde: hoe integreer ons dit met ons daaglikse lewens, waarheen nooi dit ons, hoe daag dit ons uit? Ons kyk deur die lens van holistiese spiritualiteit na die verskillende tema’s waaroor ons Sondae gesels, en probeer mekaar uitdaag om regtig iets te leer daaruit.  

    .

    HIERDIE WEEK IN #5 | KAN DAAR WEER LEWE KOM

    Pieter en Deon gesels dié week oor die tienerjare, en hierdie lewensfase se uitwerking wat op jou as individu (ouer) en op julle as gesin het…en hoekom dit soms vir jou soos ballingskap voel.

    Om ‘n tienerouer te wees het dalk meer met Israel te doen as wat jy dink.

    Navrae of terugvoer: andre@sg.org.za of pieter@sg.org.za

    Más Menos
    41 m
  • In Gesprek #4: Wat is in jou hand?
    Sep 5 2021

    Hoekom die weeklikse podcast?

    Ons hoop om met hierdie weeklikse gesprekke die afgelope Sondag se preektema en -teks meer integreer met ons daaglikse lewe. Ons wil ook iets rondom ons gemeente se visie verhelder hierdeur: ‘n Lewe wat iets beteken.

    Ons dink ons beweeg nader aan ‘n lewe met betekenis wanneer ons dit regkry om die verskillende dimensies van ons lewe, spiritualiteit en daaglikse menswees, met mekaar te integreer, verweef tot een lewe.

    Die afgelope Sondag se tema in die Godsvrae-reeks was God se vraag aan Moses: Wat is in jou hand?

    Navrae of terugvoer: andre@sg.org.za of pieter@sg.org.za

    Más Menos
    1 h y 15 m
  • In Gesprek #3: Praise You in this storm
    Sep 5 2021

    ‘n Gesprek tussen André, Pieter en Stephan verken die rol wat aanbidding (worship) as geloofsgewoonte speel te midde van swaarkry en die pandemie.

    Luister saam na die gesprek!

    Navrae of terugvoer: andre@sg.org.za, pieter@sg.org.za, stephan@sg.org.za

     

    Más Menos
    1 h y 5 m
  • In Gesprek #1: Waar is die kerk?
    Sep 5 2021

    Welkom by die eerste van vele gesprekke, oor relevante temas, wat ons op hierdie platform saam met jou wil verken. Ontdek in hierdie eerste podcast saam met ons “Waar is die kerk?” veral gegewe die Covid-realiteit wêreldwyd. André en Pieter sluit in dié gesprek aan by die eerste tema van die nuwe preekreeks oor Godsvrae…vrae wat God in die Bybel vir die mens vra.

    Jy kan die preek op ons YouTube-kanaal kyk of op die webblad luister (die preek is ook as podcast beskikbaar en jy kan net die klankbaan op ons webblad aflaai).

    Navrae of terugvoer: andre@sg.org.za of pieter@sg.org.za

    Más Menos
    1 h y 8 m