Episodios

  • Episode 12: Sonja Herholdt
    Sep 26 2022
    Sonja Herholdt, die ‘Meisie van Nigel’, is reeds die afgelope bykans 50 jaar die ‘Liefling’ van Afrikaanse musiek. Sy het in die sewentigerjare ’n wegholtreffer met die liedjie ‘Ek verlang na Jou’ gehad, wat haar fenominale sangloopbaan van stapel gestuur het. Met nog ’n rits treffers, insluitende ‘Die Trein na Matjiesfontein’, ‘Harlekyn’, ‘Jantjie’ en ‘Waterblommetjies’, word sy die enigste Afrikaanse sangeres wat ses jaar in ’n ry aangewys was as SARIE se Beste Sangeres van die Jaar. Herholdt se ereplek in die Afrikaanse musiekbedryf is onteenseglik, maar oor die afgelope klompie jare het hierdie dinamiese blondekop haarself ook onderskei as ’n kampvegter vir ‘vrouwees’ en motiveringspreker van formaat. Haar verhaal is een van ongelooflike inspirasie…
    Más Menos
    1 h y 26 m
  • Episode 11: Boet Pretorius
    Sep 1 2022
    As 'n musiekregisseur, -vervaardiger en -verwerker, is Boet Pretorius ongetwyfeld ’n legende, en pionier, in die Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf. Volgens Pretorius het hy egter bloot sy passie nagevolg. Van die talle kunstenaars wat hy oor die jare met hul musiekloopbane bygestaan het, sluit in Die Briels, Gé Korsten, Min Shaw, Lance James, Groep Twee en Carike Keuzenkamp. Nadat hy aanvanklik by Brigadiers Musiek sy loopbaan begin het, het Pretorius in 1981 die platemaatskappy Decibel Musiek op die been gebring, wat ongeveer 130 goue en 15 platinum plate sou oplewer. Hoewel daar hope talent daarbuite is, glo Pretorius dat dit nie die kunstenaar is wat ’n liedjie maak nie, maar wel die liedjie wat die kunstenaar maak…
    Más Menos
    1 h y 2 m
  • Episode 10: Annie Malan
    Jul 25 2022
    Hierdie blonde bondeltjie dinamiet het geen bekendstelling nodig nie. As ’n diep gelowige mens, glo Annie Malan dat ‘die engeltjies’ vir haar op 11-jarige ouderdom die rol van Nina in Fiela se Kind gegee het, 34 jaar gelede… Met opvolgrolle in, onder andere, Saartjie, Supersnuiters, ’n Pot Vol Winter, en Glaskasteel, het sy haar gevestig as ’n kinderaktrise van formaat. Hoewel sy steeds nou en dan voor die kameras verskyn, het Malan van jongs af ook ernstige besigheidsaspirasies gehad, en, nadat sy aanvanklik naam gemaak het in die versekeringsindustrie, bedryf sy die afgelope 19 jaar haar eie direkte bemarkingsmaatskappy. Volgens haar is entrepreneurskap nie iets wat ’n mens leer nie; dis ’n leefwyse…
    Más Menos
    54 m
  • Episode 9: Lydia Winchester
    Jul 8 2022
    Lydia Winchester kan nie sing of ’n instrument bespeel nie, maar het een van die skerpste ore in die Afrikaanse musiekbedryf. As promotor, het sy ’n beduidende rol gespeel in die loopbane van huishoudelike name soos Gé Korsten, Anneli van Rooyen, Rina Hugo, Carike Keuzenkamp, André Schwartz, Lance James en die grapjas Bill Flynn, en was sy selfs skakelbeampte vir die Reggae-legende Eddy Grant. Winchester se loopbaan in die musiekbedryf het bykans 40 jaar gelede posgevat, toe sy deur die platevervaardiger Boet Pretorius aangestel was as skakelbeampte van die Decibel-platemaatskappy. Hierdie dinamiese vrou is reeds met talle toekennings vereer, onder andere ’n Ghoema vir lewensbydrae, en haar motto is eenvoudig: Die lewe is ’n lied, en môre lyk dit anders…
    Más Menos
    1 h y 2 m
  • Episode 8: Gert van Tonder
    Jun 24 2022
    ‘Daar’s niks soos ware liefde…’ Dit was Groep Twee se wegholtreffer in die sewentigerjare. Gert van Tonder het nog daardie ware liefde vir musiek. Op ’n hupse 81 jaar sing hy steeds en is hy versot daarop om nog soveel genot aan mense te verskaf. As ’n jongman, het Van Tonder homself gevisualiseer as ’n sanger, as ’n liedjieskrywer, as ’n omroeper, as ’n akteur. Dit was inderwaarheid metafisika, wat hy later sou bestudeer, en hy kon, danksy harde werk, sy drome verwesenlik. Van Tonder praat padlangs oor hoe hy en sy Groep Twee-sangmaat, wyle Sias Reinecke, Afrikaanse musiek in ’n opwindende nuwe rigting help stuur en selfs die weg gebaan het vir tendense soos die luisterliedjie-beweging.
    Más Menos
    1 h y 20 m
  • Episode 7: Hannes Noëth
    May 27 2022
    Nostalgooi Seisoen 1 is moontlik gemaak deur Helpende Hand. Ons wou meer weet van hulle dinamiese leier, Hannes Noëth en sy span: Hannes het sy roeping nog altyd beskou as dié van ’n ‘boodskapper wat mense van ’n hooplose einde na ’n lewe vol eindelose hoop help begelei’. As predikant in die Gereformeerde Kerk, het hy vir 17 jaar in die bediening gestaan. Hannes het egter nog altyd ’n passie gehad vir Suid-Afrika en sy mense. Toe die geleentheid hom dus voordoen om direkteur van Solidariteit se Helpende Hand-beweging te word, het hy dit aangegryp en Hannes staan nou reeds vier jaar aan die stuur van die goeie werk wat die organisasie verrig. Hy benadruk egter dat Helpende Hand fokus op gemeenskapsontwikkeling en die opheffing van gemeenskappe, m.a.w. 'n sosiale opbrengs op hulle beleggings eerder as blote skenkings.
    Más Menos
    1 h y 6 m
  • Episode 6: Sandra Prinsloo
    May 13 2022
    Sandra Prinsloo is, soos resensent Barry Ronge dekades gelede opgemerk het, ’n nasionale skat. Haar groot deurbraak op die verhoog was Siener in die Suburbs, terwyl The Gods Must Be Crazy haar internasionale roem laat verwerf het op die silwerdoek. In altwee produksies het Prinsloo teenoor Marius Weyers gespeel, wat haar verlief laat raak het op toneelspel en met wie sy tot vandag ’n spesiale chemie deel. Na 55 jaar in die bedryf, het hierdie bekroonde aktrise nog geen planne om briek aan te draai nie, en is sy tans te sien in die aanlyn blitssepie Die Testament. Prinsloo se groot wens is dat meer fondse beskikbaar gestel word vir kuns wat mense werklik tot nadenke stem.
    Más Menos
    1 h y 5 m
  • Episode 5: Anton Goosen
    Apr 29 2022
    Anton Goosen staan nie verniet as ‘Liedjieboer’ bekend nie. Hy het letterlik as kind op ’n kleinhoewe begin musiekmaak, waar die plaashulp, Jantjie (Lui dit ’n klokkie?), hom geleer melk, rook en kitaarspeel het! ’n Meer plat op die aarde mens is daar nie, maar Goosen se musiek is allermins platvloers. Hy is diep, met ’n ontsaglike kennis van musiek. En, ’n fenominale vermoë as liedjieskrywer. Sy musiek het dikwels die owerhede uitgedaag, soos ‘Boy Van Die Suburbs’, wat meer as 80,000 kopieë verkoop het, maar aanvanklik byna verban was. Wat die gebruik van ironie om protes aan te teken teen sosiale ongeregtighede betref, kan Goosen met reg bestempel word as die Bob Dylan van Afrikaans.
    Más Menos
    1 h y 29 m