• Mevrou Mevrou

  • De: JacPod
  • Podcast

  • Resumen

  • Dis hier waar jy hoor waaroor ‘n Mevrou se lewe nou eintlik gaan – ‘n dosis hardop lag, lang trane huil, vra vir genade, pleit vir geduld. Elke dag se dinge op ‘n skinkbord en nee, nie met tee nie. Hierdie Mevrouens doen nie tee en toebroodjies nie. Maar dan is Gerda de Sousa en Dianne Broodryk nou ook nie alledaags nie. Hulle is maal twee. Hulle is Mevrou Mevrou!
    JacPod
    Más Menos
activate_primeday_promo_in_buybox_DT
Episodios
  • Mevrou maak haar stem dik
    May 27 2024
    Dis verkiesingstyd en die Mevrouens is skoon uit hulle kassies – of eerder stembussies. Dis 30 demokratiese jare later, maar hulle onthou daai 94-verkiesing asof dit gister was. Nie net kon die Mevrouens vir die eerste keer ook stem nie … Gerda de Sousa en Dianne Broodryk het hulle joernalistieke tande gesny tydens Suid-Afrika se eerste demokratiese verkiesing. Die grootste storie in die land se moderne geskiedenis – en die Mevrouens was daar om dit te skryf! Podcast page on Jacaranda FM's website
    Más Menos
    42 m
  • Mevrou se blou bloed bieg
    Mar 28 2024
    Die Mevrouens bieg hulle was ook – net soos die res van die wêreld - vas gevang in die dramatiese verwikkelings van die Britse koninklike familie. Met die pinkies in die lug en die tee wat nie uit die koppie mors nie, vra dié twee ook nederig om verskoning oor al die ure wat hulle op sosiale media spandeer het met die teorieë oor wat aangaan agter die paleis deure. En daarmee saam, vloed die herinnerings in toe Gerda de Sousa en Dianne Broodryk voor die TV gesit en wag het vir Prinses Diana om met haar trourok uit die koets te klim ……. Podcast page on Jacaranda FM's website
    Más Menos
    28 m
  • Mevrou draai die kasset terug tot by die 'perm'
    Mar 4 2024
    Dis met skok dat die Mevrouens besef hulle gunsteling grootword jare, was vier dekades terug! Daai dae van hare klits en ‘perm’, die plakkate teen die kamermuur, die groot oorbelle en baie pienk grimering, voel soos nou die dag. En hulle ken dan steeds al die woorde van al die treffers van 80’s! In hierdie episode van Mevrou Mevrou, dink Gerda de Sousa en Dianne Broodryk met nostalgie terug aan die onskuldige dae van hulle skool jare, toe musiek alles was en die prys van haarprodukte hulle grootste probleem …. Podcast page on Jacaranda FM's website
    Más Menos
    30 m

Lo que los oyentes dicen sobre Mevrou Mevrou

Calificaciones medias de los clientes

Reseñas - Selecciona las pestañas a continuación para cambiar el origen de las reseñas.