Episodios

  • Mevrou maak haar stem dik
    May 27 2024
    Dis verkiesingstyd en die Mevrouens is skoon uit hulle kassies – of eerder stembussies. Dis 30 demokratiese jare later, maar hulle onthou daai 94-verkiesing asof dit gister was. Nie net kon die Mevrouens vir die eerste keer ook stem nie … Gerda de Sousa en Dianne Broodryk het hulle joernalistieke tande gesny tydens Suid-Afrika se eerste demokratiese verkiesing. Die grootste storie in die land se moderne geskiedenis – en die Mevrouens was daar om dit te skryf! Podcast page on Jacaranda FM's website
    Más Menos
    42 m
  • Mevrou se blou bloed bieg
    Mar 28 2024
    Die Mevrouens bieg hulle was ook – net soos die res van die wêreld - vas gevang in die dramatiese verwikkelings van die Britse koninklike familie. Met die pinkies in die lug en die tee wat nie uit die koppie mors nie, vra dié twee ook nederig om verskoning oor al die ure wat hulle op sosiale media spandeer het met die teorieë oor wat aangaan agter die paleis deure. En daarmee saam, vloed die herinnerings in toe Gerda de Sousa en Dianne Broodryk voor die TV gesit en wag het vir Prinses Diana om met haar trourok uit die koets te klim ……. Podcast page on Jacaranda FM's website
    Más Menos
    28 m
  • Mevrou draai die kasset terug tot by die 'perm'
    Mar 4 2024
    Dis met skok dat die Mevrouens besef hulle gunsteling grootword jare, was vier dekades terug! Daai dae van hare klits en ‘perm’, die plakkate teen die kamermuur, die groot oorbelle en baie pienk grimering, voel soos nou die dag. En hulle ken dan steeds al die woorde van al die treffers van 80’s! In hierdie episode van Mevrou Mevrou, dink Gerda de Sousa en Dianne Broodryk met nostalgie terug aan die onskuldige dae van hulle skool jare, toe musiek alles was en die prys van haarprodukte hulle grootste probleem …. Podcast page on Jacaranda FM's website
    Más Menos
    30 m
  • Mevrou krap, waar dit voorheen nie gejeuk het nie
    Feb 27 2024
    Die een oomblik het Mevrou nog in die branders baljaar en die volgende oomblik het haar Desember vakansie in een ontaard met ‘n allergiese reaksie. Sy moet nou die realiteit in die gesig staar dat sy moontlik allergies geraak het vir skulpvis – een van haar gunsteling disse. In hierdie episode van Mevrou Mevrou, wonder Gerda de Sousa en Dianne Broodryk hoekom mens nie eerder allergies kan raak vir iets wat jou dwars in die krop steek nie ……. Podcast page on Jacaranda FM's website
    Más Menos
    24 m
  • Mevrou, dáái soen en ‘n movie
    Feb 19 2024
    Dis die maand van liefde en die Mevrouens wil nou nie uit voel nie. Hulle moet egter toegee dat Valentyns Dag nie juis die hoogtepunt van hulle liefdeslewe is nie, na meer as 20 jaar van getroude lewe. Maar dit beteken nie die liefde is ‘n uitgebluste vlam in hierdie twee se huise nie. In hierdie episode van Mevrou Mevrou laat Gerda de Sousa en Dianne Broodryk die wange weer bloos soos wat hulle onthou waar dit als begin het …… Podcast page on Jacaranda FM's website
    Más Menos
    25 m
  • Mevrou sit Krismis mis
    Dec 18 2023
    Die Mevrouens besef Kersfees is op ons, maar dit beteken nie dat hulle so heeltemal op Kersfees is nie. Gerda de Sousa en Dianne Broodryk besef dat daar min dae is om die Kersfees gees te vang en alles te doen wat op die prioriteits lys is. Maar tussen dié twee en die fees seisoen is daar ‘n groot lê gat – waar ‘n Kersboom veronderstel is om in goud te staan en pronk. In hierdie spesiale episode van Mevrou Mevrou, is dit ‘n gespook en spartel om die Kersfees liggies aan die brand te kry….
    Die musiek aan die begin van die episode: Deck the Halls B by Kevin MacLeod http://incompetech.com Creative Commons — Attribution 4.0 International — CC BY 4.0 Free Download / Stream: https://bit.ly/deck-the-halls-b Music promoted by Audio Library • Deck the Halls B – Kevin MacLeod (No ... Podcast page on Jacaranda FM's website
    Más Menos
    20 m
  • Mevrou looi 'n plooi
    May 22 2023
    Om te spuit, of nie te spuit nie … dít is die gewigtige vraag wat Gerda de Sousa en Dianne Broodryk oorweeg, want ‘n vullertjie hier en ‘n plukkie of ‘n pompie daar is klaarblyklik deesdae ook glad nie meer ‘n skande nie. Dis nou nie asof iemand hulle direk in die gesig gevat het nie, maar die Mevrouens is nie dom nie – hulle kan mos tussen die lyne lees. In die laaste episode van dié reeks van Mevrou Mevrou, wonder die Mevrouens of hulle die botox bus gemis het, en of daar nog tyd is om vas te byt vir ‘n spuit ……. Podcast page on Jacaranda FM's website
    Más Menos
    23 m
  • Mevrou het krag nodig om die toilet te trek
    May 16 2023
    Geen Mevrou se lewe is volmaak as daar nie ten minste een keer ‘n dag oor beurtkrag gekla kan word nie. Dit klink deesdae al hoe meer idillies om te kan lewe sonder ‘n tradisionele Eskom krag aansluiting en om nie meer hartkloppings te hoef kry as die nuwe beurtkrag probleme op die buurt se Whatsapp groepie deurkom nie.
    In episode 11 van Mevrou Mevrou, vertel Gerda de Sousa van ‘n lewe sonder ‘n krag aansluiting en ‘n daaglikse beurtkrag skedule, en Dianne Broodryk erken sy soek nie krag om te stryk nie…. Podcast page on Jacaranda FM's website
    Más Menos
    23 m