Episodios

  • Agri SA Kongres 2019: Episode 8: Barret Bar
    Nov 12 2019
    As die strategiese hoof van Geïntegreerde Oplossings van die John Deere Intelligence Solutions Group VSA, fokus Bar se praatjie op die revolusie van presisie-landbou deur kunsmatige intelligensie. Met ‘n Meestergraad in Ekonomie en ‘n MBA van die Kellogg School of Management, verduidelik hy hoe John Deere beplan om tegnologie en kunsmatige intelligensie aan te wend ten einde landbou waarlik te hervorm midde in die vierde industriële rewolusie. Hy praat oor John Deere se betrokkenheid in Afrika en hoe hulle onderneem om ‘n meer winsgewende en volhoubare omgewing vir boere plaaslik en wêreldwyd te skep.
    Más Menos
    27 m
  • Agri SA Kongres 2019: Episode 7: Dr Morné Mostert
    Nov 12 2019
    Mostert is Direkteur van die Instituut vir Toekomsnavorsing aan Universiteit Stellenbosch, die enigste instituut van sy soort in Afrika, en sy navorsing fokus op die toekomstige wêreld en die impak van die vierde industriële rewolusie op die wêreld. Hy verduidelik dat om oor die toekoms te dink anders is as om te peins oor die hede of verlede. Die manier waarop ons dink oor die toekoms verander deurentyd, en dit hou groot implikasies in vir besluitneming. As ‘n mens vrae vra oor die toekoms, dan verander die toekoms...
    Más Menos
    27 m
  • Agri SA Kongres 2019: Episode 6: Hano Jacobs
    Nov 12 2019
    Die hoof bedryfsamptenaar van Payteq, wat spesialiseer in die voorsiening van betalings- en rekeningoplossings, voer die gesprek verder oor tegnologie op die plaas. Payteq se fokus is op effektiewe betalingsisteme vir landbou. Volgens Jacobs is betalingstelsels die ruggraat vir enige ekonomie. Omdat die banksektor die afgelope ruk deur ‘n ongelooflike evolusie beweeg het, met die klem wat na digitale bankwese verskuif, het dit ‘n direkte invloed op die verbruiker as die eindbestemming van produksie.
    Más Menos
    23 m
  • Agri SA Kongres 2019: Episode 5: Gary McKay
    Nov 12 2019
    McKay is die Kommersiële bedryfshoof van Fidelity ADT Commercial en gesels oor tegnologie op die plaas - met spesifieke fokus op veiligheidstegnologie vir toekomsboerdery. ADT het ongeveer ‘n jaar gelede begin samesprekings voer met Agri SA om meer effektiewe veiligheidssisteme in plek te stel binne die landbou-industrie, ten einde die hoë vlak van misdaad beter te probeer bekamp. Ten einde daardie gemeenskaplike doel te bereik moet die hele boerdery-gemeenskap egter inkoop in die projek. Weereens is inklusiwiteit die wagwoord.
    Más Menos
    25 m
  • Agri SA Kongres 2019: Episode 4: Rajan Gajaria
    Nov 12 2019
    As uitvoerende vise-president van Besigheidsplatforms van Corteva Agriscience, glo Gajara in hoop, want dis slegs deur hoop wat die wêreld vooruitgang kan maak. Die uitstaande eienskap van boere regoor die wêreld, wat Corteva se navorsing aan die lig gebring het, is optimisme. Gajara praat padlangs oor die vierde industriële rewolusie en die drie bene waarop dit rus: verbruikersvertroue; die samestroming van tegnologie; en samewerking. Ons moet eenvoudig van mekaar leer en met mekaar saamwerk, want almal is, per slot van sake, in dieselfde bootjie.
    Más Menos
    19 m
  • Agri SA Kongres 2019: Episode 3: Thoko Didiza
    Nov 12 2019
    Die Minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling het begrip vir die diepgaande probleme wat die landbousektor tans in die gesig staar; probleme as gevolg van die erge droogte, wat heelwat boere in sak en as laat sit, en dit lei uit die aard van die saak tot geweldige negatiewe groei in die sektor. Plaasveiligheid is verder ‘n enorme uitdaging, met moorde en veediefstal wat aan die orde van die dag is, maar Didiza maan die boeregemeenskap om nie moed te verloor nie.
    Más Menos
    45 m
  • Agri SA Kongres 2019: Episode 2: Patrice Motsepe
    Nov 12 2019
    Motsepe is ‘n mynmagnaat en biljoener, wat in 2012 benoem is as Suid-Afrika se rykste man met ‘n beraamde rykdom van nagenoeg R12 biljoen. Hy lewer ‘n imromptu maar hoogs inspirerende praatjie, waarvan heelwat in vlot Afrikaans, oor die uitdagings wat hierdie land in die gesig staar. Volgens Motsepe moet almal eenvoudig hande vat en saamwerk. Hy benadruk verder die belangrikheid van gebed en geloof in Jesus Christus. Hy word daagliks geïnspireer deur gewone Suid-Afrikaners, boere, wit en swart, en die vertroue wat hulle uitstraal om ‘n inklusiewe land te help skep.
    Más Menos
    15 m
  • Agri SA Kongres 2019: Episode 1: Dan Kriek
    Nov 12 2019
    Die President van Agri SA, en self ‘n beesboer van die Vrystaat, reflekteer in sy presidentsrede oor die hoë vlakke van onsekerheid huidiglik in die Suid-Afrikaanse gemeenskap en hoe sake soos die beskerming van eiendom en ekonomiese groei aangespreek behoort te word. Volgens Kriek hang die toekoms in ‘n groot mate van inklusiwiteit af. Die rooi ligte flikker, in terme van ons ekonomie, en dit is nou tyd dat inklusiewe besluite geneem moet word rakende die toekoms van hierdie land.
    Más Menos
    35 m